Adam Tas laat countrylegende herleef

Adam-Tas-n-tas-vol-cash

Adam Tas bring met sy jongste album hulde aan die musieklegende, Johnny Cash. Foto: Facebook.

Hy was die onderwerp van die rolprent Walk the line, en nou herleef Johnny Cash se musiek opnuut nadat ’n plaaslike kunstenaar hulde aan hom gebring het.

Adam Tas het reeds ’n keurspel van Cash se musiek op sy album, Man van stof, ingesluit, maar hierdie keer het hy ’n album uitgereik waarop hy niks anders as hierdie countrylegende se musiek sing nie. Die album se titel is heel gepas ’n Tas vol Cash.

Cash het bekendheid verwerf met sy sielsdiepe lirieke, maar hy kon ook soms lighartig wees, en baie van sy musiek is deur vinnige ritmes gekenmerk. Adam Tas erken dat Cash een van die kunstenaars is wat die grootste invloed op sy loopbaan gehad het en dat sy lewe ’n baie leë plek sonder Cash se musiek sou gewees het.

Op hierdie album kom ’n aantal van Cash se groot treffers voor, onder meer “I got stripes”, “Five feet high and rising”,  “A boy named Sue” en “Ghost riders in the sky”, asook ’n keurspel wat bestaan uit “Folsom prison blues”, “Ring of fire”, “Get rhythm” en “I walk the line”. Een van die snitte wat Cash nie oorspronklik gesing het nie, maar later in sy loopbaan opgeneem het, is “I won’t back down”, wat oorspronklik ’n treffer vir Tom Petty was. Die titelsnit is Adam Tas se eie komposisie wat hy as huldeblyk aan Cash geskryf het.

’n Tas vol Cash is nou landwyd beskikbaar en ’n resensie van die album sal binnekort verskyn.

Hier is ‘n musiekvideo van Johnny Cash se treffer “I got stripes”, wat Adam Tas op hierdie album ingesluit het:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jax ·

Adam Tas het n stem soos geen ander! Welgedaan! Ek sien uit daarna om ook hierdie produksie op verhoog the sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.