Adam verloor een van sy groeplede

adam‘n Musiekvideo van die groep se liedjie Engele sing volg onderaan die berig. Die musiekgroep Adam het Woensdag bekend gemaak dat een van sy lede dié musiekgroep gaan verlaat.

“Joe Foster het die groep na afloop van Skouspel verlaat weens verskeie verskille tussen die lede van die groep,” het Alishia van Deventer, woordvoerder van Starburst Promotions, gesê. “Dit was ‘n gesamentlike besluit van die groep en hulle gaan as vriende uitmekaar.”

Volgens Van Deventer gaan die groep ‘n opwindende tyd binne en sien hulle daarna uit om eersdaags ‘n nuwe lid aan die publiek bekend te stel.

Joe Foster sal binnekort sy toekomsplanne bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.