Adam verras met nuwe klank

Adam en Daniel Baron tydens die "Young and Wild EP"-albumbekendstelling. Foto: Adéle Changuion

Adam en Daniel Baron tydens die “Young and Wild EP”-albumbekendstelling. Foto: Adéle Changuion

Die gewilde Afrikaanse musiekgroep, Adam, het onlangs met Maroela Media gesels oor hulle nuwe musiek saam met Daniel Baron tydens die Young and Wild (EP)-albumbekendstelling by Universal Music.

Dié groep, wat bestaan uit Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo, het in samewerking met Daniel Baron sewe snitte opgeneem wat die groep ʼn heel anderste klank gee as waarvoor Adam bekend is. Baron is veral bekend vir sy liedjies soos “Not Here” en “So Much More”.

Die sogenaamde “Extended Play”-album, wat saamgestel is uit Engelse liedjies, is ʼn vermenging van Baron en Adam se identiteit en onderskeie klanke.

Die groep se nuwe klank beloof om gevestigde én nuwe aanhangers in vervoering te hê. Laai gerus die CD af by iTunes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.