Adam

Adam

“BOYS WILL ALWAYS BE BOYS”……or will they? Nee, hulle word groot, raak wêreldwys en begin te besef waaroor die lewe gaan. Wat kry jy as jy `n “boy band” met die volgende komponente kombineer;- pop en rock, moderne country invloede, 3 stemme, 3 instrumente, 3 MANLIKE mans en selfgeskrewe liedjies. `n “Boy band” met `n verskil? Nee, eerder `n MANSGROEP met woema en dinamika.

ADAM is `n groep waar manlikheid botoon voer. Die drie lede is almal kunstenaars in eie reg. Hugo Ludik wat geen bekendstelling nodig het nie, Reynardt Hugo wat ook beter bekend is as dr. Tertius Jonker van Binnelanders faam en vervaardiger en sanger, Joe Foster. ADAM beloof om Suid- Afrika iets te gee wat hulle nog nie voorheen gesien of gehoor het nie. Die snit KLEURVOL is geskryf deur Hugo, Willie van der Merwe (wat saam met hom Papsopwinterwaternat geskryf het) en Johan Strydom. Dit is op almal van toepassing en gaan oor daardie spesiale persoon in jou lewe. Dinge kan hoe sleg wees en die probleme hoe groot, maar as jy daardie regte persoon in jou lewe het, is alles moontlik. “JY IS DIE KLEUR IN MY BLOU MAANDAG” som dit perfek op.

KLEURVOL, is nie net vol kleur nie, maar vol van die bestanddele vir `n weghol sukses. By die 1 ste aanhoor daarvan kan jy dink dat dit gaan oor die 3 bekende manne se voorkoms. Begin jy egter te luister, besef jy dat die groep geseënd is met uitsonderlike stemme en ongeëwenaarde verhoogpersoonlikheid. Die snit het ook reeds Nr. 1 op Oos Rand Stereo gehaal asook verskeie ander radio stasies in Suid-Afrika. Kort op sy hakke volg LIEFDE SOLDAAT, SONDER, SOMERLAG. Dit is amper ontmoontlik om ’n gunsteling te kies omdat elke liedjie op hierdie album ’n potensiele treffer is! ADAM het dadelik `n platekontrak losgeslaan by STORM Rekordz en saam gaan ADAM en STORM mense laat wonder hoekom die groep nie lankal gestig is nie. ADAM het ook tydens 2011 by KKNK, met 15 lewendige optredes, gewys wat hulle het om te bide en gehore gaande met hulle musiek!

Speellys

  1. 10 Sekondes
  2. Ander Kant Die Maan
  3. Die Antwoord
  4. Duisend Kerse
  5. Hey Jy
  6. Jy’s ‘n Held
  7. Kleurvol
  8. Kom Huis Toe
  9. Liefde Soldaat
  10. Papsopwinterwaternat
  11. Somerlag (Die Coca-Cola Song)
  12. Sonder (Iets Om Lief Te He)
  13. V.I.P
  14. Vir Ewig, Vir Altyd
  15. Voel Jy MY

Kyk nog Afrikaanse musiekvideos op ons videoblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.