Adele swaai septer by 2017-Grammy-toekennings

Adele (Foto: Chris Pizzello/Invision/AP)

Adele (Foto: Chris Pizzello/Invision/AP)

Die gesogte Grammy-toekennings, wat die room van die musiekbedryf vereer, is Sondag (internasionale tyd) by die Staples-sentrum in Los Angeles uitgedeel.

Die Britse sangeres Adele het tydens vanjaar se 59ste Grammy-toekennings behoorlik skoonskip gemaak nadat sy met vyf beeldjies huis toe is. Sy het onder meer die toekennings vir beste album van die jaar, liedjie van die jaar, samewerking van die jaar, beste popalbum en beste pop-optrede ontvang. Die sangeres het altesaam 18 Grammys verower.

Die oë was egter ook op Beyoncé wat met nege benoemings die mees benoemde kunstenaar vir die aand was. Die sangeres het egter net twee Grammys gewen, vir beste kontemporêre album en beste musiekvideo. Sy het in haar loopbaan al 22 Grammys gewen.

Hulde is ook aan die oorlede sanger David Bowie gebring wat vier toekennings gewen het. Bowie het onder meer toekennings gekry vir beste rock-optrede, rock-liedjie, alternatiewe album en beste ateljee-opname.

Beste algehele album van die jaar
25, Adele

Beste liedjie van die jaar
“Hello”, Adele

Beste samewerking van die jaar
“Hello”, Adele en Greg Kurstin

Beste musiekvideo van die jaar
“Formation”, Beyoncé

David Bowie  (Foto: Stephen Chernin/AP)

David Bowie (Foto: Stephen Chernin/AP)

Beste nuwe kunstenaar
Chance the Rapper

Beste popalbum
25, Adele

Beste tradisionele popalbum
Summertime: Willie Nelson Sings Gershwin, Willie Nelson

Beste pop-solovertoning
“Hello”, Adele

Beste popgroep-optrede
“Stressed Out”, Twenty One Pilots

Beste country-album
A Sailor’s Guide to Earth, Sturgill Simpson

Beste country-solo-optrede
“My Church”, Maren Morris

Beste country-optrede deur ʼn groep
“Jolene” [met Dolly Parton], Pentatonix

Beste countryliedjie
“Humble and Kind”, Lori McKenna, liriekskrywer (Tim McGraw)

Bruno Mars (Foto: Matt Sayles/Invision/AP)

Bruno Mars (Foto: Matt Sayles/Invision/AP)

Beste rock-album
Tell Me I’m Pretty, Cage the Elephant

Beste rock-liedjie
“Blackstar”, David Bowie

Beste rock-optrede
“Blackstar”, David Bowie

Beste alternatiewe album
“Blackstar”, David Bowie

Beste “metal”-album
Dystopia, Megadeth

Beste kontemporêre album
Lemonade, Beyoncé

Beste kletsrym-album
Coloring Book, Chance the Rapper

Beste kletsrym-liedjie
“Hotline Bling”, Aubrey Graham & Paul Jefferies, liriekskrywers (Drake)

Beste R&B-album
Lalah Hathaway Live, Lalah Hathaway

Beyoncé (Foto: Matt Sayles/Invision/AP)

Beyoncé (Foto: Matt Sayles/Invision/AP)

Beste R&B-liedjie
“Lake By the Ocean”, Hod David & Musze, liriekskrywers (Maxwell)

Best gospel-optrede/liedjie
“God Provides”, Tamela Mann; Kirk Franklin, liriekskrywer

Beste gospel-album
Losing My Religion, Kirk Franklin

Besoek die Grammy-webwerf vir ʼn volledige lys wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannalie Jonker ·

Ek is so bly Adel het gewen sy is by verre baie beter as beyonce

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.