Afri-Spaans 2

Marta Gomez

Na die sukses van AfriFrans 1 en 2, het Afri-Spaans sy verskyning gemaak. Steeds was dit nie genoeg nie, en in groot afwagting laat hoor die sielvolle Spaanse sangeres Marta Gomez weereens haar heuningstem met die uitreiking van Afri-Spaans 2. Onder die bekwame musiekregie van vervaardiger Matthys Maree word verskeie juwele uit die Afrikaanse musiekskat afgestof en ʼn Spaanse baadjie aangetrek.Hierdie eg Spaanse vertalings van Afrikaanse liedjies wat ons almal na aan die hart lê, bring twee uiteenlopende wêrelde bymekaar. Smeulende Latino ritmes en lirieke met die bekende Afrikaanse melodieë van o.a. Ballade vir ʼn enkeling en Dis ʼn  land roer steeds die hartsnare, maar gee ook ʼn nuwe kleur en tekstuur aan dit wat ons so goed ken. (Coleske Artists).

 

Speellys

  1. Harlekyn
  2. Bésame Mucho
  3. Pin-pam-pum (Pampoen)
  4. Yo conozco algun lugar (Daar’s ‘n plek)
  5. Ella (Sproeitjies)
  6. La lluvia sobre Karoo (Karoonag)
  7. Cielito Lindo (My lief)
  8. Cada vez (Ballade vir ‘n enkeling)
  9. En el sur hay un pais (Dis ‘n land)
  10. Guantanamera
  11. Pata Pata
  12. Brazil (Vannaf CH2 se album: Ping)
  13. Río (Vannaf Marta Gómez se album: Musiquita)
  14. The Prayer (Vannaf die album: Afri-Talia)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.