Afri-Talia

Christian Mangano

Alhoewel hy nog nooit in Suid-Afrika was nie, sing jong Cristian Mangano met passie Afrikaanse treffers wat kort sedert die vrystelling van die album reeds deur die land dreun, maar hy sing in sy moedertaal, Italiaans. Na die reuse sukses van Afri-Frans 1 & 2 asook Afri-Spaans 1 & 2, was Afri-Talia natuurlik die kersie op die koek as die finale album in hierdie reeks wat Afrikaanse musiek trots aan die res van die wêreld vertoon. Die liedjiekeuse op hierdie album is oor die algemeen meer modern, en die album is in geheel in Europa opgeneem (ateljees in Duitsland, Switserland en Italië) saam met wêreldklas sessie-musikante. Die album is energiek met ʼn kontemporêre aanslag en beloof om die Suid Afrikaanse- en buitelandse publiek storm te loop met kragtige Italiaanse weergawes van o.a. die Eden treffer ‘Kwart oor vyf’, Anneli van Rooyen se ‘Neem my op vlerke’ en Liani May se ‘Jy soen my nie meer nie’. Hierdie album is nou landswyd beskikbaar. (Coleske Artists).

 

Speellys

  1. Ti stringo forte (Aan jou vas)
  2. Quanto tempo (Kwart oor 5)
  3. Mi rialzerai (You raise me up)
  4. Sei con me nei miei giorni (Jy soen my nie meer nie)
  5. Juliet
  6. Specchio (Spieeltjie)
  7. The Prayer
  8. Tu sei mia (Jy is vrou)
  9. Con te Partiro (Time to say goodbye)
  10. Tu sei (My only)
  11. Fammi volare in alto (Neem my op vlerke)
  12. Round finale (My laaste rondte)

Kyk nog Afrikaanse musiekvideos op ons videoblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.