AfriForum Afrikaanse musiekfees

Red ons Monument!

Duisende mense het Saterdag AfriForum se Red ons Monument Afrikaanse musiekfees by die Voortrekkermonument bygewoon.

Dié gratis musiekfees met kunstenaars soos Lianie Mey, Kurt Darren, Elizma Theron en Steve Hofmeyr het die gehoor gaande gehad.

Die Staat het die Voortrekkermonument se jaarlikse subsidie met R900 000 gesny en daar is nou ‘n bedryfstekort van 8%. Die balans van die subsidie is steeds nie ontvang nie. Die gevaar bestaan dat die subsidie in 2012 verder gesny sal word. AfriForum het gevolglik met sy Red ons Monument veldtog begin.

Jy kan R10 aan die Monument skenk deur die woord ‘RED’ na 38655 per SMS te stuur.

Jy kan ook die petisie by www.afriforum.co.za onderteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.