Afrikaans- Elvis Blue

Elvis Blue - AfrikaansDaar is al hoe meer Idols-wenners-en –deelnemers wat besluit om na Afrikaanse musiek toe oor te skakel en sukses daarmee behaal.

Heinz Winckler en Anke was die eerste twee wat dit gedoen het, en nou het die wenner van drie jaar gelede, Elvis Blue, sy eerste Afrikaanse album, met die gepaste titel, Afrikaans, vrygestel. Voordat ek die album self bespreek, moet ek eers melding maak van die omslag, wat as niks minder as ‘n kunswerk beskryf kan word nie. Dit alleen is miskien al ‘n rede om die album by die album by jou versameling te voeg, maar enige CD gaan oor die musiek.

Soos die meeste van die snitte op die album is Toe ons jonk was sy eie komposisie.  Die lirieke is lekker nostalgies, veral vir diegene wat ouer word.  Aan die ander kant sê hy in die lirieke dat ‘n mens te midde daarvan steeds jonk moet bly. Die volgende snit is die eerste treffer, naamlik Rede om te glo. Dis maklik om te verstaan hoekom hierdie snit so gewild geword; baie mense sal hulle sekerlik met die woorde verenselwig. Die musiekvideo is ook iets baie besonders.  Mooi is nog ‘n baie goeie snit, wat beslis ‘n treffer kan word.  Toe Elvis op die kykNet-program Jukebox was, het hy ‘n akoestiese weergawe van Horison gesing.  Dit is ‘n pragtige snit, maar daar is tog kritiek hier te lewer;  die reël “dit gee nie om nie” is eintlik verkeerd; dit moes “dit maak nie saak nie” of “ek gee nie om nie” gewees het. Dit sal egter net ‘n probleem vir “taalpuriste” wees, en dit behoort ‘n treffer te wees.  Elvis se woorde is allesbehalwe oppervlakkig, soos hy op Dromer bewys.

Op Vriende sing hy van die belangrikheid van vriende wat deur alles by jou staan. Enige jongmens wat al foute in die lewe gemaak het, maar wat steeds ‘n ma het wat hom of haar vergewe en ondersteun, sal van die woorde van Hoop in die donker hou.  As jy die titel Liefling sien, dink jy dadelik aan Gé Korsten se bekende treffer.  Elvis het egter ‘n baie goeie nuwe liedjie met dieselfde titel geskryf, en dit behoort ‘n treffer in eie reg te wees.  Jy sal dink dat Steel oor misdaad gaan, maar gelukkig is dit nie die geval nie; die lirieke is eintlik baie slim, en hy sing hier van die liefde.  In R 20 000 (soos in twintigduisend Rand) sing hy van die verlange na iemand spesiaal, maak nie saak wat dit kos om by daardie persoon uit te kom nie. Daar is net een snit op die album wat hy nie geskryf het nie, naamlik Johannes Kerkorrel se bekende Hillbrow, wat hy saam met die Mzansi-jeugkoor sing.

Daar is deesdae te veel kunstenaars wat die talent het om goeie musiek te maak, maar wat toelaat dat platemaatskappye vir wie niks anders so belangrik is as om geld te verdien nie, vir hulle voorsê. Elvis is gelukkig nie een van hulle nie. As hy nie Idols gewen het nie, sou hy beslis op ‘n ander manier tot die musiekbedryf toegetree het, al sou dit langer duur. Hy is een van die min kunstenaars wie se musiek toeganklik is vir ‘n breë gehoor, maar sonder dat dit vir hom nodig is om musikale integriteit in te boet. Daarom kan hierdie album baie sterk aanbeveel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karin Maritz ·

Jan/Elvis het reeds 10 jaar voor Idols gesukkel om ‘n deurbraak te maak Hy het 2 pragtige Afrikaanse Gospel albums nl. Ontskemer en Diep Riviere in daardie tyd uitgereik onder sy regte naam Jan Hoogendyk. Regtig die moeite werd om ook te luister.

manie ·

“Rede om te glo”
Is dit ‘n Gospel snit of wie is die “jy” waarna hy verwys???

Daantjie Dinamiet ·

Dit kan enigiemand wees, maar dalk sy vrou of sy dogtertjie.

AmY ·

Ek stem Karin, en as ek reg onthou, het hy in ‘n stadium onder die naam Mono ook gesing?

Maar hy is tops!!! Een van die bestes in die land.

AmY ·

Manie, in die musiekvideo van Rede om te Glo, is sy dogtertjie saam met hom. Dalk sing hy van haar (en sy familie).

Voyager Mc Lean ·

Waar kry ek die woorde van “Rede om te glo” kan iemand help asb

Jo ·

elke mens het ‘n storie//elke mens het seer//ek was al heel verlore, deur die wind en donker weer//my wildernis was groot en my beursie leeg//toe gee jy my ‘n rede, rede om te glo///
ek sal jou nooit los nie//en ek sal nooit vergeet//waarvandaan ek kom, en als wat ek nou weet//in ‘n wereld vol bakleiery, het jou vrede my nou beet//jy gee vir my ‘n rede, rede om te glo///
ek glo soos ‘n kind//’n sondaar by jou deur//’n dissipel by jou voete//deur jou skoonheid meegesleur//al loop ek op ‘n stofpad//al kom daar donker weer//volg ek jou want jy gee my, rede om te glo///
jou stem is vir my hemels//jou liefde wyd en breed//die lig in al my donker, die een wat my vergeef//ek’s lief vir jou met alles. ek’s lief vir jou met niks//jy gee my ‘n rede, rede om te glo.

cees veltman ·

Beste mensen,
Waar kan ik die lirieke van Elvis Blue zien?
hartelike groete,
Cees
Holland

Daantjie Dinamiet ·

Dank je wel voor je brief, Cees! Ek sal maar oorslaan Afrikaans toe, want my Nederlands is nie baie goed nie. Dit is op die album-omslag beskikbaar, maar ek sal vir jou uitvind of dit ook op die internet te sien is. Jy sal egter seker saamstem dat dit ‘n puik album is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.