Afrikaans is Bakgat in Pretoria

Van die land se gewildste kunstenaars gaan tydens Afrikaans is Bakgat op 29 September 2019 in die Sun Arena Time Square in Pretoria saamspan en seker maak dis ʼn middag wat jy gou nie sal vergeet nie!

Kom maak ʼn Kaapse draai saam met die meisie met die goue stem, Nádine tot die Leeuloop met Robbie Wessels. Om te sorg dat jy nie gaan wil stilsit op jou stoel nie, is die trefferkoning Juan Boucher ook op die spyskaart. Arno Jordaan is daar om die meisies se knieë lam te maak en Manie Jackson gaan ma en ouma se harte warm sing. Vir die wat meer na romanse smag gaan Tobi Jooste jou terugvoer na die era van liefde. Dan wag daar selfs nog ʼn paar verrassings… Dis mos nou Bakgat!

ʼn Rits kunstenaars wat elkeen in sy eie reg al diep spore getrap het in die musiekbedryf is almal tydens Bakgat in Afrikaans te sien.

Robbie Wessels is beslis ʼn grapjas, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare ʼn groot gunsteling onder aanhangers gemaak het. Juan Boucher is self ook nie meer ʼn nuweling nie en het sy pad oopgesing tot in die harte van elke Suid Afrikaner met sy rasperstem wat die voete op die dansbaan laat jeuk. Manie Jackson is een van ons land se topverkopers en met sy unieke aanslag bring hy hulde aan groot kunstenaars uit die verlede, maar spog ook met sy eie treffers. Nádine ken ons al sedert sy ʼn dogtertjie was met Krappies en Krefies, maar sy het ontvou in een van die mooiste vroue-kunstenaars en het een van die beste stemme in die wêreld. Tobi Jooste is bekend vir styl en sjarme op die verhoog en sing met ʼn meer klassieke aanslag wat sy musiek ‘groot’ maak. Nie net sanger nie, maar ook skrywer, sakeman en aanbieder. Arno Jordaan se vierde album is pas uitgereik en binne die eerste dag goue status bereik. Vier maande later spog hy met verkope van meer as 40 000 eenhede. Sy album, Gee My is selfs vir ʼn Sama-toekenning benoem. Nie net kan hy sing nie, maar met sy slaapkamer-oë gaan die jong nuweling, Esmond, harte steel. Dirk van der Westhuizen is besig om groot naam te maak en boer deesdae op die treffersparades. Hierdie spiertier is ook deel van hierdie Bakgat-vertoning. En dan laaste, maar nie die minste nie, is die kersie op die koek, Tasché Burger – wenner van The Voice!

Van ons land se grootste kunstenaars op een van die land se grootste verhoë, beloof om dié opskop van die jaar te wees. Hierdie vertoning is saamgestel met kunstenaars sodat daar iets vir die hele familie is. Dis ʼn middagopskop wat dit nog meer toeganklik en gerieflik maak vir oud en jonk!

Bakgat Promosies bied hierdie produksie aan in samewerking met Beeld en Lekker FM.

Wanneer: 29 September 2019
Tyd: 14:00
Waar: Sun Arena, Menlyn Pretoria
Kaartjies is beskikbaar by Computicket

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.