‘Afrikaans is groot’ deel opwindende nuus

Foto: Afrikaans is Groot/Facebook

Aanhangers van die gewilde Afrikaans is groot-konserte kan uitsien na twee ekstra aanbiedings van dié gewilde jaarlikse produksie.

Organiseerders van dié konsert het vandeesweek bevestig dat twee aanbiedings bygevoeg word weens die “oorweldigende aanvraag” na kaartjies.

Dié ekstra aanbiedings word op 30 November (Donderdag) om 19:30 en 3 Desember (Sondag) om 13:00 aangebied.

“Ons is baie opgewonde oor die twee ekstra aanbiedings en natuurlik ook oor Afrikaans is groot se nuwe tuiste by die Sun Arena by Time Square in Menlyn Maine in Pretoria,” sê Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is groot.

Konsertgangers kan vanjaar weer uitsien na optredes deur Juanita du Plessis, Lianie May, Theuns Jordaan, Jay en Steve Hofmeyr. Nóg kunstenaars word binnekort by dié lys gevoeg.

Hargroves sê sowat 85 000 konsertgangers word by Afrikaans is groot verwag, wat dit die grootste musiekproduksie in Suid-Afrika maak.

“Afrikaans was beslis nog nooit só groot nie. Die kaartjies vir dié konserte het soos soetkoek verkoop. Sewe vertonings het uitverkoop en ondersteuners van die Afrikaanse musiek landwyd het ons oorrompel met versoeke om nóg konserte aan te bied,” sê hy.

Kaartjies vir dié aanbiedings is van Woensdag aanlyn beskikbaar by Computicket, of by Computicket-kiosks by Shoprite/Checkers en House & Home landwyd.

Kaartjies vir die twee ekstra Afrikaans is Groot 2017 vertonings is nóú beskikbaar. Moenie die geleentheid mis om #AIG2017 te kyk nie. Klik hier om joune te kry: Bit.ly/AiG2017

Posted by Afrikaans is Groot on Wednesday, August 30, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.