Aanhangers van die gewilde Afrikaans is groot-konserte kan uitsien na twee ekstra aanbiedings van dié gewilde jaarlikse produksie.
Organiseerders van dié konsert het vandeesweek bevestig dat twee aanbiedings bygevoeg word weens die “oorweldigende aanvraag” na kaartjies.
Dié ekstra aanbiedings word op 30 November (Donderdag) om 19:30 en 3 Desember (Sondag) om 13:00 aangebied.
“Ons is baie opgewonde oor die twee ekstra aanbiedings en natuurlik ook oor Afrikaans is groot se nuwe tuiste by die Sun Arena by Time Square in Menlyn Maine in Pretoria,” sê Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is groot.
Konsertgangers kan vanjaar weer uitsien na optredes deur Juanita du Plessis, Lianie May, Theuns Jordaan, Jay en Steve Hofmeyr. Nóg kunstenaars word binnekort by dié lys gevoeg.
Hargroves sê sowat 85 000 konsertgangers word by Afrikaans is groot verwag, wat dit die grootste musiekproduksie in Suid-Afrika maak.
“Afrikaans was beslis nog nooit só groot nie. Die kaartjies vir dié konserte het soos soetkoek verkoop. Sewe vertonings het uitverkoop en ondersteuners van die Afrikaanse musiek landwyd het ons oorrompel met versoeke om nóg konserte aan te bied,” sê hy.
Kaartjies vir dié aanbiedings is van Woensdag aanlyn beskikbaar by Computicket, of by Computicket-kiosks by Shoprite/Checkers en House & Home landwyd.
As Steve Die Stem mag en gaan sing is ek daar…
Wat van Joshua na die reën. Asseblief mense!
Lees die berig “nog kunstenaars word bygevoeg”
Steve is terug. Wonderlik!!!!