‘Afrikaans is groot’ nié meer by Moreletapark

Afrikaans is Groot (Foto: Stephen Elliott)

Die Afrikaans is groot-organisasie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dié gewilde konsert sal nié vanjaar by die Moreletapark-ouditorium in Pretoria gehou word nie.

Nagenoeg vyf van dié musiekkonserte is die afgelope paar jaar in die Moreletapark-gemeente se ouditorium gehou.

Die konsert sal egter voortaan by die Time Square Arena by die splinternuwe Menlyn Maine-winkelsentrum aangebied word.

“Hierdie reuse-arena sal voortaan die tuiste van ‘Afrikaans is groot wees’,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. “Die grootste konsert in Suid-Afrika op die verhoog [is voortaan] in die grootste binnehuis-arena in die land.”

“Afrikaans is groot” vind vanjaar op 24 en 25 November en 1 en 2 Desember plaas en organiseerders beplan dat konsertgangers na hul asems gaan snak want “Afrikaans was nog nooit só groot nie”.

Dié konsertreeks is ook middel-Maart in die Moederstad aangebied waar konserte op al drie dae uitverkoop is.

Die kunstenaars tydens vanjaar se konsert by Menlyn Maine word op 10 April bekend gemaak.

Kaartjieverkope open op 26 April om 10:00 by TicketPro.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christella Rademan ·

Afrikaans is groot was een van my gunsteling konserte om by te woon. Verlede jaar sin was egter ooskadu met te veel dansers en die sangers was op die agtergrond geskuif. Ook soek ons slegs Afrikaans en Touch of Class was net een te veel met sy te veel grimering wat by sy song gepas het maar total onvanpas by die konsert. Hou dit asb soos in 2016/15/14 dit was treffers. Sien uit na ‘n fantastiese program.

Annie ·

Stem met jou saam Christella, dis nie meer Afrikaans is groot nie maar Dans en klomp ander “side shows” is groot.

Walter Ueckermann ·

Afrikaans is Groot het met hulle vertonings by Moreletagemeente die kerk ondersteun en gehelp met fondse. Hulle was goed om hulle tot nou te help met n groot genoeg saal. Maar nou wil hulle eerder n dobbelhuis ondersteun. Het hulle gevra of daar genoeg parkeering sal wees vir die konsert gangers. Ek hoop so. Anders is dit net so n flop soos met die besprekings by Ticketpro.

Annette ·

Daar sal nie genoeg parkering wees nie, kyk hoeveel winkels is daar – was baie beter by die kerk – nee wat!!!

Johan ·

AIG het van ‘n konsert tot ‘n uitstekende produksie en skouspel gegroei wat elke jaar net beter en beter raak! Gegewe die geweldige aanvraag vir kaartjies en belangstelling maak ‘n nuwe, groter venue heeltemal sin. Vir die wat nie daarvan hou nie, moet dit nie bywoon nie, daar is meer as genoeg ander AIG ondersteuners wat julle lee sitplekke sal vul! Lank lewe AIG!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.