‘Afrikaans is Groot’ sit met ‘tameletjie’

Afrikaans is Groot (Foto: Stephen Elliott)

Die organiseerders van Afrikaans is Groot het hulle Donderdag tot sosiale media gewend om probleme met vanjaar se kaartjieverkope uit te stryk.

Kaartjieverkope vir dié gewilde musiekkonsert het op 26 April om 10:00 by TicketPro geopen, maar weens groot belangstelling bevind die organiseerders hulle nou met ʼn “musiektameletjie”.

“Dit is vir ons baie hartseer om ons weer met ’n kaartjieverkope-tameletjie te bevind. Ons aanvaar en verstaan dat die ondersteuners van Afrikaans is Groot, net soos ons, teleurgesteld en ontsteld is,” skryf die organiseerders op sosiale media.

“Ons kan bevestig dat die bank-instansie wat gebruik word om die betalings te fasiliteer se stelsel weens die massa transaksies wat gelyktydig moes plaasvind, ineengestort  het. Ons sal binnekort ’n formele verklaring van die betrokke instansie uitreik om meer duidelikheid te gee.”

Die organiseerders het Donderdagmiddag in ʼn ander inskrywing gesê die span is “hard aan die werk om ʼn ieder en elk te bedien”, maar dit neem tyd om deur al die navrae te werk.

As jy steeds nie jou kaartjies ontvang het nie, kyk in die gemorspos-afdeling (“spam”) in jou e-pos.

Indien dit nié daar is nie, kan jy vir Afrikaans is Groot ʼn Facebook-boodskap stuur.

Bel ook die kantoor by 086 100 8277.

Afrikaans is Groot word op 24 en 25 November en 1 en 2 Desember in die Time Square Arena by Pretoria se splinternuwe Menlyn Maine-winkelsentrum aangebied. ’n Sewende konsert is bygevoeg vir Sondag 26 November om 13:00.

Lees meer oor Afrikaans is Groot op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie verbaas ·

Elke jaar se stories…As dit nie die kartjieverkope webtuiste is nie, is dit die bank. Het hulle nog nie agter gekom die volumes is hoog en voorsiening daarvoor gemaak nie. Regtig SWAK.

Aig ·

Dis nie AIG se skuld wat met ticketpro en die banke doen nie. Let op of kom by

Johann ·

Weereens en nogsteeds en alweer. Lekker skep die organiseerders van die AFRIKAANSE MARK, maar as.dit by belegging kom in infrastruktuur om te help skep….nee wat, hoekom nou geld mors op lojaliteit teenoor die van ons wat bloot nie ons les leer nie! SKAAM JULLE SELF! Klink al soos n Zumaikie verskoning: altyd iemand anders!

Theo ·

Ons het 10 oor 10 ons kaartjies klaar gehad en geprint jippeeeee

Walter Ueckermann ·

Hoekom het ons nie die probleme gehad toe dit Computicket was nie. Hulle sien dat die laaste twee jaar se kaartjie verkope by Ticketpro n flop is maar hulle bly by hulle moes die jaar al weggegaan het

Johann ·

Walter: dis maklik;;;;;daars meer geld vir die “organiseerders” in die proses met hul thimme by TICKET NOT SO PRO! Sal wetens eerder stelsels gebruik wat hulle minder kos, want ons ou Afrikaanse mark is mos naief om.elke jaar hulle sakke vil.te prop met ons support?

Rinelle ·

Was nooit Computicket wat AIG kaartjies verkoop het nie, maar PnPTickets. Was beste stelsel ooit, het nooit ongeval nie, en kaartjies was binne rekordtyd uitverkoop sonder probleme. Alles begin gewoonlik by kliente diens

Joyce Minnaar ·

Nadat ek ook 3 keer afgegooi was deur die dag het die vriendelike Morné van Ticketpro my gebel en ek het my kaartjies binne 5 minute gekry op die dag wat ek dit wou hê en in die blok wat ek voor gevra het. Baie tevrede.

Danie ·

Onthou dat Computicket weier om kaartjies te verkoop. Hulle wil dikteer watter kunstenaars aan Afrikaans is Groot mag deelneem. Dit wil sê Steve Hofmeyr mag volgens hulle nie daar wees nie. Want hulle het so besluit. Afrikaans is Groot moes dis noodgedwonge ‘n ander instansie soek. As jy dus met hulle wil besigheid doen wil Computicket die reëls alleen maak. Jy moet maak soos hulle sê om hulle help jou nie. Ongelukkig het die ander instansies dalk nie die bronne wat Computicket het nie en sukkel hulle jaar na jaar daarmee omdat Afrikaans is Groot die enigtige baie groot geleentheid is wat van hulle dienste gebruik maak.

Hendrik ·

Ek kan nie glo daar is mense wat die snert gaan kyk nie wat nog van betaal om te kyk. Ek wonder hoeveel van die was by Angus saamtrek om gospellied bydra te doen.

Smurfie ·

Hendrik.

Net omdat jy nie daarvan hou nie beteken dit nie dis snert nie. Die grootste probleem met vandag se probleme is dat onnodige,ongevraagde negatiewe kommentaar word gelewer.. Jy kritiseer bitter vinnig ,maar die vraag is… KAN JY BETER???
Ek stel voor in die toekoms. In plaas van om te sê iets is snert probeer die organiseerders kontak met IDEAS om te verbeter. Voorstelle vir opbouende verbetering.
Het SA nie genoeg kritiek leweraars nie? Dink jy moet bietjie minder opinies lewer en bietjie meer doen.

Danie ·

Ongelukkig het die geleentheid die indruk gewek dat dit baie meer mens gerig was as andersins. As dit werklik so ‘n inspirerende ervaring was hoekom kon sommige nie eers ‘n minuut na die laaste amen wag voordat hulle ‘n sigarette opsteek nie? Hoekom het sommige (en dalk ook nie) dit net tot by die huis gemaak voordat hulle na ‘n alkohol geïnspireerde hoër vlak vertrek het? Hoekom het sommige sommer op die terrein al klaar hulle naaste naaste (vrouens en kinders) soos satanskinders behandel? Hoekom het sommige sommer ook op die terrein hulle al oorgegee aan padwoede en dit wat daarmee saam gaan? Hoekom moes daar ‘n skoonmaak aksie na die tyd geloods word? Is die opdrag dan nie juis om te bewaak en te bewerk nie? Moes elkeen nie uit dankbaarheid ten minste sy eie rommel optel en in die naaste asblik of in sy eie voertuig huistoe neem nie? So is daar nog vele onbeantwoorde vra?

Z ·

Danie ???
Was jy daar om dit wat jy sê, te sien?
Ek twyfel, want ek was daar en ek loop verseker nie met oogklappe op nie.
Seënwense vir jou.

Millie ·

Ai toggie! Soos met alles in die lewe sal daar altyd ons uiters getroue aards-pessimiste wees wat net die lelik en swaar in alles wil en sal raaksien sonder om self ‘n positiewe bydrae te lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.