‘Afrikaans is groot’ uitverkoop, maar nié vir Kaapstad

Bobby van Jaarsveld (Foto: Stephen Elliott)

Wes-Kaapse aanhangers van die Afrikaans is groot-konsertreeks kan vanjaar uitsien na ʼn enkele vertoning uit dié reeks wat volgende jaar in Kaapstad gehou gaan word.

Organiseerders van die konsert het dié nuus Vrydag in ʼn prettige video saam met die sanger Snotkop op sosiale media bekend gemaak.

Die konsert word volgende jaar op 17 Maart by die Grand West Casino gehou.

“Ek het nou net ʼn meeting gehad met die mense van Afrikaans is groot – en ons kom Kaap toe!” vertel Snotkop. “Maak seker jy kry jou kaartjies; hulle gaan vlieg want dis die grootste konsert in die land.”

Vanjaar se Gautengse Afrikaans is groot-konserte word vir die eerste keer in die Time Square Arena by die splinternuwe Menlyn Maine-winkelsentrum aangebied. Die konsertreeks is die afgelope paar jaar in die Moreletapark-gemeente in Pretoria se ouditorium gehou.

Die eerste Gautengse konsert vind plaas op 24 November. Kaartjies vir al die konserte, buiten vir Kaapstad, is egter reeds uitverkoop.

Kaartjieverkope vir die konsert in Kaapstad open op 23 November om 09:00. Vir meer inligting, besoek Afrikaans is groot se Facebook-blad.

#AiGKaapstad is op pad.

KAAPSTAD: Hier is die nuus nóú! Afrikaans is Groot gaan Kaap toe, 17 Maart 2018. Kaartjies open 23 Nov om 09:00. Kyk hier en deel Snotkop se nuus met al jou vriende. #AiGKaapstad

Posted by Afrikaans is Groot on Thursday, November 16, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie Prinsloo ·

Afrikaans is groot, maar Snotkop het ‘n “meeting”. Nee man: is jy skaam om te praat van ‘n Vergadering?

Chris ·

Really ? Kan nie glo iemand moan oor ‘n enkele engelse woord nie … Get ‘n life !!

Adam ·

Een stuk van ‘n gogga in die sop: Sommige weier dit, ander eet maar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.