Afrikaans is nóg groter vanjaar

afrikaans-is-groot

Argieffoto.

Die Afrikaans is Groot-konsert gaan vanjaar volstoom voort ten spyte van verskeie borge wat laasjaar van die konsert onttrek het. Kaartjieverkope vir dié gewilde konsert se Pretoria-optredes open 30 Maart.

Dié konsert het bekendgemaak dat borge soos Laeveld Agrochem, Virseker, Toyota en MTN dit moontlik maak om vanjaar weer Afrikaanse musiek op die verhoog te vier.

Daar is ook Vrydagoggend op die konsert se Facebook-blad bekendgemaak dat die Afrikaans is Groot-app amptelik beskikbaar is vir slimfone. Dié app stel jou in staat om te sien watter kunstenaars optree en herlei jou na hul Facebook-blaaie, sê jou wanneer die optredes plaasvind, bevat die GROOT tunes en ʼn skakel na ticketpro waar die kaartjies vir vanjaar se konserte gekoop kan word.

Dié konsert vind vanjaar weer plaas by die Moreletapark Ouditorium in Pretoria en die voorlopige datums is 11, 12, 18, 19, 25 en 26 November.

Afrikaans is Groot is egter reeds op die planke in Kaapstad. Ander vertonings in Kaapstad sluit in 19 Maart by die GrandWest Casino.

Bekende kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Corlea Botha, Lianie May, Jannie Moolman, Riana Nel, Bok van Blerk, Laurika Rauch, Theuns Jordaan en Bobby van Jaarsveld is weer by die konsert te sien.

Laai die Afrikaans is Groot-app af op die Google Play Store.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariska ·

wens ek kan n kaartjie wen om te gaan na die PTA Show, wou nog altyd gaan maar finansieel maar moeilik. Sou wat gee om n Live SHOW te kan beleef……..

Tiger ·

Maroela Media gee vir ons al die borge wat onttrek het se name asseblief.Ons wil ons geld reg spandeer.Ek hoop om een vertoning te kan bywoon in Pretoria.Dit sal ‘n hoogtepunt vir my wees!

Doons ·

Tiger,die name van die borge wat ontrek het is P&Pay en Landrover,nou weet jy!Dit het net gegaan oor ons liewe nie-bang-nie Steve,hoekom kan ons Afrikaners nie net ons ding doen nie,gedurig of, “bust” hulle ons Afrikaner feeste,of,hulle probeer dit keer op watter manier ookal.
Los ons uit! Gaan rol in julle in julle modderpoele!

Tiger ·

Baie dankie Doons vir die inligting.Ons ondersteun jare reeds nie een van die twee nie.My man was in die destydse Weermag en van Landrovers wil hy NIKS hoor nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.