Afrikaanse sangeres deel nuus oor vierde swangerskap

Riana Nel is swanger met haar vierde seuntjie. Sy die nuus Woensdagaand op sosiale media met haar aanhangers gedeel. (Foto: Riana Nel/Facebook)

Die sangeres en liedjieskrywer Riana Nel het Woensdag op haar Facebook-blad en Instagram bekendgemaak dat sy swanger is met haar vierde kindjie, en boonop verklap dat dit nog ʼn seuntjie sal wees.

“Ek kan dit seker nie meer wegsteek nie. Ek het nog altyd gedroom van vier seuns. Dankbaar en geseënd,” het die geliefde gospelsangeres gisteraand op albei dié sosialemediaplatforms geskryf. Sy het die inskrywing geplaas saam met ʼn selfie-foto van haar in ʼn langmoutop en jean met ʼn magie wat begin wys.

Duisende goeie wense het vir Riana, haar gesin en swangerskap ingestroom sedert haar plasing.

Riana het vroeër die week ook ʼn inskrywing op haar sosiale media geplaas waar sy die span by 4D Scan aanbeveel het vir 4D-skanderings en foto’s van ʼn babatjie. Dit het ʼn paar van haar aanhangers laat gons of daar dalk nog ʼn baba op pad is.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial)

Riana het verlede jaar kragte met Retief Burger saamgespan en die Afrikaanse weergawe van “The Blessing” getiteld “Die Seën” opgeneem. Sy het in ʼn agter-die-skerms-onderhoud met Coleske Artists vertel sy en Burger het deurgaans gebid in die ateljee terwyl die liedjie opgeneem is. “Ons gebed is dat jy God se seën oor jou sal ervaar wanneer jy dié liedjie hoor, dat sy hand oor jou rus en dat Hy jou beskerm.”

Riana is ook in 2020 in die jaarlikse Sama-toekennings (South African Music Awards) as die wenner in die kategorie vir beste kontemporêre musiekalbum aangewys vir Sterker. “Dis ʼn baie groot eer en ek is baie dankbaar. Alle eer aan God,” het sy op Instagram gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.