Afrikaanse sangers verwag eersteling

Ricus Nel en Liza Brönner (Foto: Facebook)

Tot nog baie onlangs het die musiek-egpaar Ricus Nel en Liza Brönner se lewe nét om musiek gewentel, maar nou gaan dié egpaar voor die einde van die jaar ʼn nuwe bondeltjie in hul huis verwelkom.

Brönner het dié nuus op sosiale media bevestig. “Ek en Ricus dank die Here ons God vir die perfekte lewetjie waarmee Hy ons seën en toevertrou!” het sy laat hoor.

Tania Fourie, bemarkingsbestuurder by Select Musiek, sê Brönner is reeds in haar tweede trimester.

“Liza en die baba is albei gesond. Sy en Ricus voel ongelooflik geseënd oor hul goeie nuus en is baie opgewonde om hul bondeltjie tuis te verwelkom,” sê sy.

Fourie sê die egpaar sal mettertyd meer inligting oor hul kleinding verklap.

Dié nuus kom net nadat Ricus verlede maand ʼn Ghoema-toekenning vir die beste boere- of tradisionelemusiek-album vir Ricus Nel bring hulde aan Worsie Visser gewen het.

Die foto wat Liza op sosiale media gedeel het (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MCS ·

Ai, so bly vir julle. Julle is ‘n spesiale paartjie. Mag die Here jou seën met ‘n voorspoedige swangerskap, Liza.

Manne dit is 'n voorreg ·

Ou Ricus kan nie wag om die nuwe weergawe te hoor nie, “manne dit is voorreg”. Lisa sterkte vir jou, dit raak net beter en die vreugde agterna is ongekend. Mag hierdie babatjie vir jul net vreugde wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.