Afrikaanse treffers 1976: Ramaja – Glenys Lynne

Glenys-Lynne-Ramaja

Glenys Lynne se liedjie, Ramaja, was die Afrikaanse Treffer in 1976. Foto: Verskaf.

As daar één liedjie is wat werklik die grootste treffer van ʼn betrokke jaar was, dan was dit hierdie een. Glenys Lynne het in Julie 1976 tot Springbok Radio se Top 20 toegetree en was drie weke lank in die eerste plek.

Ironies genoeg was dit, die laaste Afrikaanse liedjie wat nr. 1 op Springbok Radio se Top 20 kon haal, ʼn bestaande wysie met Afrikaanse woorde en daarby is Glenys ook Engelssprekend. Die liedjie het oor ʼn toordokter gegaan, en dit was asof Afrikaanse sangeresse daarna byna ʼn obsessie daarmee gehad het. Luister maar na Umfaan van Sonja Herholdt en Oraka van Joanna Field, wat ook oor hierdie onderwerp gehandel het.

Daar is ook ʼn aantal goeie Afrikaanse liedjies daardie jaar vrygestel. Sonja Herholdt se debuutalbum is vrygestel en die groot treffer vanaf daardie album was Jantjie, die eerste komposisie van Anton Goosen wat Sonja opgeneem het. Ian en Dix het die derde plek op Springbok Radio gehaal met Sonder jou, nog ʼn komposisie van Jan de Wet. Hierdie liedjie word soms verwar met Rudi Neitz se liedjie met dieselfde naam wat ook daardie jaar verskyn het.

Van Rudi Neitz gepraat: sy sangstem is gebruik vir Hans Strydom se karakter in die rolprent Vergeet my nie. Benewens Sonder jou was Mooi is die lewe nou die grootste treffer vanaf die klankbaan van daardie rolprent. Ian en Dix het ook ʼn mindere treffer met Ware liefde gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.