Afrikaanse treffers 1977: Mooi Griekeland – Sonja Herholdt

Sonja-Herholdt

Sonja Herholdt. Foto: Sonjaherholdt.co.za

Sonja Herholdt se liedjie Mooi Griekeland was die wenliedjie in 1977 op die musiekprogram, Afrikaanse Treffers.

Dit is ironies dat ʼn bestaande liedjie met Afrikaanse woorde die wenliedjie was, terwyl heelwat oorspronklike komposisies op Sonja se tweede album voorgekom het. Anton Goosen het die Afrikaanse woorde geskryf vir ʼn wysie wat deur die Nederlandse liedjieskrywer Pierre Kartner gekomponeer is. Dié album het ook ander treffers opgelewer, soos ʼn Bietjie meer tyd (uit die rolprent Dit was aand en dit was môre), Jy is my lewe en Hanoverstraat.

Sias Reinecke het daardie jaar een van sy grootste treffers gehad, naamlik Klein Karoo, wat hy saam met André Viljoen geskryf het. Hy het in dieselfde jaar ook treffers met Suidersee, Die lewe sonder jou en My hart sing van liefde gehad. Die grootste Top 20-treffer van die jaar (en ongelukkig die enigste een) was Tot siens auf wiedersehen wat deur Anton Goosen en Tinus Esterhuizen geskryf en deur Vicki du Preez gesing is. Joanna Field het daardie jaar vir die eerste keer op die toneel verskyn, en Silwermaan was haar eerste groot Afrikaanse treffer. Sy sou ook sukses met Huisie by die see behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.