Afrikaanse treffers 1984: Troepie Doepie – Rina Hugo

rina-hugo

Rina Hugo. Foto: Musicians.co.za

Vir die eerste keer sedert 1981 was die treffer van diejJaar ʼn bestaande wysie met Afrikaanse lirieke. Leon Schuster het Afrikaanse woorde vir Brian and Ozzie se Pipes of Dongal geskryf; Troepie Doepie was die gevolg en dit het dadelik gewild geword.

Dit was ook die laaste jaar wat Afrikaanse liedjies tot Springbok Radio se trefferslys (op daardie stadium was dit die Top 30) toegetree het. Hoewel Herman Holtzhausen se Trans-Karoo toe al vier jaar oud was, het dit ʼn treffer geword nadat dit in die gelyknamige televisiereeks gebruik is.

David Kramer het met nog ʼn wenner vorendag gekom toe hy die album Kwaai vrygestel het. Benewens Stoksielalleen, die laaste Afrikaanse liedjie op Springbok Radio se trefferslys, het Volstruis foxtrot en Bokkie wil jy dans ook treffers geword.

Aan die ander kant van die spektrum het Bles Bridges se album, Bles, groot sukses behaal, veral weens sy Afrikaanse weergawe van Foster and Allen se Maggie. Leon Schuster was terug met Briekdans; die musiekvideo van die titelsnit was veral baie gewild. Leon het baie mense egter woedend gemaak met Daai voël, waarop hy die spot met David Kramer, Cora-Marie en Anton Goosen gedryf het.

Na Sias Reinecke se dood het Gert van Tonder en Jan Grové ʼn album vrygestel.  Lola en ʼn Lekkerliedjielewe het treffers geword, maar hulle net nooit weer ʼn album saam opgeneem nie.

https://youtu.be/QzSRCysIfUE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neptunus ·

Versigtig, netnou word Rina groen geverf as die EFF uitvind waaroor sy sing. Dis ‘n wonder sy is nie voor die WVK gedaag omdat sy die ou SAW gesteun het nie. Gepraat daarvan, wonder waarom ons Afrikaanse sangers wie vandag sakkevol geld maak nie hulle stemme laat hoor oor ons erfenis nie. En daarmee bedoel ek net ‘n openbare mening uitspreek, nie op Kerkplein met ‘n ketting poseer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.