Afrikaanse treffers 1985: Vier woorde- Louise Senekal en Jaco Pieterse

Edwill-van-Aarde

Edwill van Aarde was die aanbieder van musiekprogram, Afrikaanse Treffers. Foto: Verskaf.

Hier is een van die vergete treffers van die jaar, selfs al het Bles Bridges en Gerrie Pretorius dit later opgeneem. Louise en Jaco het net een album saam vrygestel, en die enigste ander noemenswaardige treffer was Ek kom weer terug, wat oorspronklik deur Barbara Veenemans (Leonore se suster) opgeneem is.

Jaco het egter ook ʼn solo-loopbaan gehad, maar veral op opera en Christelike musiek gekonsentreer. Rina Hugo het nog ʼn treffer gehad waarvoor Leon Schuster die Afrikaanse woorde geskryf het, naamlik Drakensberge van verlange.

Een van die grootste treffers van die jaar was die titelsnit van Janita Claassen se tweede album, Ballonne. Koos du Plessis is in Januarie 1984 oorlede, maar dit het nie lank geduur voordat sy opvolger na vore gekom het nie. Lucas Maree het homself vinnig as sanger en liedjieskrywer gevestig, en sy debuutalbum, Kiekies, het die treffer Victoriabaai opgelewer.

Randall Wicomb was nog ʼn voormalige ATKV Crescendo-wenner wat ʼn suksesvolle musiekloopbaan gevolg het. Hy en sy destydse vrou Koba het ʼn reuse treffer met Duitsweswals gehad. Coenie de Villiers se tweede album, Die reisiger, het ook in daardie jaar verskyn, en As ek maar net kon, Polfyntjie en Kleintyd verby het treffers geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.