Afrikaanse treffers 1986: ʼn Tikkie vryheid – Rina Hugo

Rina Hugo. Foto: musicians.co.za

Rina Hugo. Foto: musicians.co.za

Weer eens het Rina die kol getref met ʼn bestaande liedjie waarvoor daar Afrikaanse woorde geskryf is. Hierdie keer was dit Take away the heartaches van die Duitse sangeres Nicole wat Afrikaanse woorde gekry het.

Rina moes egter strawwe mededinging van veral twee kunstenaars verduur. Bles Bridges se album Vir een en almal was ʼn reuse sukses, veral as gevolg van drie liedjies wat oorspronklik deur die Nederlandse sanger Heintje Simons gesing is. Ben E. Madison het die Afrikaanse woorde geskryf vir Jou hart is weer myne, Hei gaan jy weer en, dalk die grootste treffer van Bles se hele loopbaan, Ruiter van die windjie.

Anneli van Rooyen se album Ek lewe was ook ʼn groot sukses, en benewens die titelsnit het Hiersô in die Soutpansberg, met woorde deur oud-minister Pik Botha, Ek kan droom van my sonskip en Aan die einde van die reënboog treffers geword. Ed van Wyk het onder die skuilnaam Die Troebadoer gesing, en Sommerso sonder rede, sy grootste treffer, is in daardie jaar vrygestel.

https://www.youtube.com/watch?v=L4wqPdXfBi4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.