Afrikaanse treffers 1992: Meer as woorde – Francois en Elizabeth Fourie

Francois en Elizabeth Fourie. Foto: francois-en-elizabeth.co.za

Francois en Elizabeth Fourie. Foto: francois-en-elizabeth.co.za

Nadat hulle dit net-net nie met “Wil jy dans Carina” kon regkry nie, het Francois en Elizabeth die Treffer van die Jaar met die titelsnit van hul volgende album, Meer as woorde, gehad. Nadat Johannes Kerkorrel die Afrikaanse musiektoneel geskok het met Eet kreef, het hy sy volgende album, Bloudruk, vrygestel. Hierdie album het ʼn spul treffers opgelewer, veral “Halala Afrika”, “Hoe ek voel” en “Somer”, en hierdie keer is sy musiek deur die meeste radiostasies gespeel.

Nog ʼn kunstenaar wie se gewildheid toegeneem het, was Lucas Maree, wat die album Miljoen vrygestel het. Die titelsnit was onmiddellik ʼn treffer, omdat dit die meeste mense se finansiële frustrasies baie goed verwoord het. Die album het ook ander treffers opgelewer, naamlik “Nog een koppie koffie” en “Droomvrou”. Laurika Rauch het Stuur groete aan Mannetjies Roux opgevolg met Die gang, wat die treffers “Stille waters” en haar weergawe van “Lisa se klavier” opgelewer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Bezuidenhout. ·

Verfrissend en romanties so op ‘n Sondagmiddag!Wonderlike en eerlike sangers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.