AIG gaan voort mét Steve, sê organiseerders

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Die organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsertreeks het Sondag bevestig alle aanbiedings van AIG later vanjaar sál voortgaan en dat Steve Hofmeyr wel in dié konserte sal optree.

Dit volg nadat Sun International vandeesweek sy misnoeë oor Hofmeyr se deelname aan die konserte te kenne gegee het.

Maroela Media het vroeër berig die konserte vind vanjaar van 22 November tot 1 Desember in die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Sun International, wat Time Square besit, is egter ongelukkig oor Hofmeyr se deelname aan die konsertreeks.

Dit het talle kaartjiekopers en aanhangers met vrae gelaat of Steve wel in vanjaar se konserte gaan optree.

Brendon Hargrove, uitvoerende vervaardiger van die konserte, het gesê die organiseerders van AIG en Sun International het besluit om kaartjiekopers se belange eerste te stel aangesien alle kaartjies reeds uitverkoop is behalwe kaartjies vir die JouAIG-vertoning op 28 November.

“Sun International se mediaverklaring wys wel moontlike implikasies uit vir die toekomstige aanbieding van die vertonings aangesien dit sinspeel op die goedkeuring van inhoud en kunstenaars wat daar optree,” het Hargrove gesê.

Volgens Ernst Vorster, adjunk-uitvoerende hoof van Helpende Hand wat ʼn gemeenskapsvennoot van die konsertreeks is, was AIG nog nooit ’n platform vir politieke agendas nie en sal ook nie wees nie. “Daar was nog nooit enige politieke agendas vanaf die verhoog, rondom die bemarkingsinisiatiewe of selfs deur een kunstenaar in die naam van AIG gedryf nie, die organiseerders sal dit nooit toelaat nie”.

Luidens die verklaring is die konsertreeks ook tot die behoud van alle mense se regte verbind en geen rasse-diskriminasie sal geduld word nie.

Hierin was AIG die laaste 12 jaar ’n voortrefliklike voorbeeld en getuig die produksies en keuse van kunstenaars, musiek en inhoud van respek vir alle Suid-Afrikaners, het Hargrove gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Vra net ·

Nou is almal seker weer vreeslik by! Miskien mis ek êrens iets, maar is Steve ons beste en grootste sanger? Want hy is definitief nie my hoogtepunt by ‘n konsert nie… Hy laat seker nog ‘n paar ou tannies se toontjies krul met sy musiek, maar sy tyd is lankal verby in my opinie!

koos ·

Dit gaan oor meer as Steve. Dis ‘n aanval op Afrikaans en Afrikaanssprekendes ter wille van politieke punte. Groot maatskappye wil met hul geld, hulle siening afdwing. Dit kom neer op komunisme.

Susan ·

Vra net : eks bly jy stipuleer dis jou opinie ander mense het ook opinies.

Willehond ·

Jy mis nie iets nie! Jy mis alles! Dit gaan nie net oor Steve nie maar die verguising van die afrikaanse gemeenskap! Hoop nie jy het n kaartjie gekoop nie want jy hoort nie daar nie!

Stan ·

Dit gaan oor om voor geskryf te word of nie! Dit begin by Steve, volgende jaar moet 50 % ban die liedjies engels wees en die jaar daarna slegs zulu. Kry die prent?

Anoniem ·

Weet nie van jou nie maar n regte aanhanger van afrikaanse musiek en kultuur ondersteun mekaar of hy nou oudtyds is of nie ek glo as Ge nog geleef het sou daar net soveel aanhangers gewees het wat hom by so n konsert sou ondersteun. Ek glo ook Steve het meer gedoen vir afrikaanse musiek as wat baie ander sangers gedoen het en daarmee se ek nie die afrikaanse sangers is sleg nie.

Hanna ·

Vra net, kan JY sing, ek glo nie los Steve uit en dit is nie net ou tannies wat na sy musiek luister nie.

Vra net ·

Nou hoekom word die ander sangers nie verban nie – hulle is ook Afrikaans? Ek dink nie Steve sing sleg nie, maar net nie my gunsteling nie. Die nie ‘n aanval op Afrikaans nie, maar op Steve.

Hanlie Garrod ·

VRA NET…..opinie is soos n a/le. Elkeen het een!!!! ????????????????????

Ou Tannie ·

Hy het nie net my tone laat opkrul nie maar die Oom was saam, ek moes my maar gedra ????

EO ·

Nee wat, “Vra net”, Steve se tyd is nog laaaaank nie verby nie. Hy mag en KAN maar sing!
En hy kom op vir Afrikaans en ons mense.

Lientjie ·

Was hy al ooit skuldig bevind aan enige oortreding deur die HOF nie die publiek nie?
Wat doen jy om Afrikaans te beskerm?

Petro Crause ·

Ag nee regtig? Steve is een van ons top sangers. En kyk maar op sy konserte, is nie net “ou tannies” ni ok. Jy is een can min wat ni van Steve hou ni. Jammer vir jou.

Vintcent ·

Maroela…oppas dat jul trant ook nie leedvermaak en senasie najaag, soos ‘n sekere linksgesinde mediagroep nie. Jul gaan ook jul lesers vervreem as Hofmeyr konstant as die vark in die verhaal uitgebeeld word.

Vintcent ·

Synde dat ek Maroela se beriggewing sonder ‘n verskuilde agenda ervaar. Hul het nie ‘n juigkoor wat teer op anti-Afrikaner sentìmente nie. Sidder om te dink as hul ook die sensasie-perdjie sal opsaal…wat bly dan oor vir Afrikaanssprekendes??

Johanna Botha ·

Al so moeg vir die storie ….los die man uit hy kan mos dink wat hy wil en dieselfde gaan vir die res

Ek Wonder ·

Skuif volgende jaar terug na Moreletapark sentrum. Dan hoef niemand te wonder nie.

Darius ·

DNke AIG en Helpende Hand dat julle nie skrik vir boelietaktiek nie.

Pieter ·

Ek is n Steve van maar nou ook n AIG van. Ons kan nie so onderdruk word nie. En die met die ringe om die nekke los julle kommentaar vir julle self. Trots AIG!!!

Griet ·

Staak tog die “aanval op Afrikaans” storie. Dis ook nou holrug gery. Hoe harder mens skree hoe onsekerder kom mens voor. Hou op kerm en maak ‘n positiewe bydrae tot ons land en “DIE TAAL.”

kolla ·

Niks met Afrikaans te doen nie en sy aanhangers weet dit, tog sal hulle hom steeds blindelings ondersteun al raak hy ook watter twak kwyt.

Anni ·

Is n groot aan hanger van Steve, hy sing di beste. Maar dink net hy moet nou maar besin, en sy gedagtes vir homself hou. Hy begin nou groot geld verloor. Di dat hy nou oral verban word.

Maria ·

Baie waar. Steve moet nou asb. nie die stem gaan sing nie want hy maak dit bitterlik ongemaklik vir die ander sangers.

Alma ·

Moreletta kry rg swaar nadat die konsert geskuif is. talle afdankings, minder lidmate. Skuif AIG weer terug….goeie venue, geen politieke issues en die Kerk se koffer het weer R5M by. Of jy nou steve aanhanger is of nie, die is ‘n aanslag OP ALLE AFRIKAANSE kunstenaars wat waag om hul opinie te lig. Geen steve, geen AIG.

Deloris ·

Morelettapark het AIG gehad toe swig hulle onder druk…. Nou wil hulle AIF terug he… Pffffft maar daar is van ons wat mekaar sal ondersteun

Nel ·

Ons is besig om van Afrikaans en Steve Hofmeyer ‘n afgod te maak. As vermaaklikheid ‘n kerk laat swig en afsien van sy ware doel dan het dit inderdaad vir ons ou volkie laat in die dag geword. Sê Jesus nie vir die handelaars “Moenie my Vader se huis ‘n plek maak waar besigheid gedoen word nie” (Lukas19;45-46).

Jaissie ·

Ai mense laat tog ruimte vir vreedsame verskille. As iemand van jou verskil beteken dit nie dat jou mening minderwaardig is nie. Steve HET baie vir Afrikaanse musiek gedoen maar daar is mense wat ongemaklik voel oor die uitlatings wat hy die afgelope tyd begin maak het, al het dit niks te make met sy musiek nie. Dit is egter waar dat sy standpunte die sentiment van baie mense , in veral die huidige Suid-Afrika, verteenwoordig en dit kannie geïgnoreer word nie.

George in Bloem. ·

Was jy al ooit op een van Steve se konserte? Dit klink nie so nie.

Yolandi ·

AIG stuur sun international in hulle Kanon in hulle is in elk geval verandwoordelik vir duisende mense se armoede as hulle by n sun international gaan dobbel.
AIG organiseerders ons plot is 30hektaar groot as julle dit hier Wil Hou Meer as welkom!!!

NET EK ·

Het beter dinge om te doen met my geld – spandeer dit eerder op ander sangers!!

Dries ·

Ek staan bankvas agter Steve. Hy is ‘n goeie sanger en hy kom op vir sy mense.

se net ·

mag Steve oor die “land” weer sing…..en Ons almal in eenheid staan vir dit wat Reg is, Rein is, en die korrupsie teen staan…….Ons land, Ons land in Afrikaans…..
amen

Thea Bothma ·

Steve BO, Hy praat net die waarheid en dit maak seer, want ons Liberale vriende hou nie daarvan nie
Steve is n puik sanger en kan maar op die verhoog wees!!!!!
want sodra jy vrae vra dan is jy die vyand

Afrikaans ·

Moenie bang wees om vir Afrikaans te veg nie.
Dit gaan nie oor Steve se sing nie, dit gaan daaroor dat hy vir Afrikaans opstaan. En dit is wat ons moet doen. Staan eerder saam as om daaroor te kibbel. Dit gaan oor die groter prentjie.

Petro ·

AG kan die mense ASB net vir Steve uitlos!!!! Ek meen regtig kry n lewe, Steve is die ENIGSTE een wat opstaan vir ons en ek sal hom altyd ondersteun!!

christine ·

Ek staan bank vas agter Steve enigste een wat opstaan vir boere en afrikaans en hy sing mooi en aantreklik ook nog . Sterk staan Steve .

Judge Dredd ·

So watter twak het hy kwytgeraak?
Ongemaklike waarhede miskien.

Annette ·

Steve het ” n HART en TYD vir die bejaardes en gestremdes. Was by sy konsert in die Kallie Human saal in Bloemfontein. Hy het soveel geduld en aandag gegee aan my gestremde dogter. Foto geneem en sommer ook die CD geteken, het nou die dag gas kunstenaar in ons kerk gehad, gevra om sy CD te teken, my geignoreer en te haastig om die volhende CD te verkoop. Steve is ‘n mens, mens, dankie Steve dat jy my dogter so spesiaal laat voel het, die prag foto van julle twee is haar kosbaarste besiting.!

Bekommerde ·

My 1 ste man is al amper 21 jaar oorlede – hy het altyd gese – julle klomp Afrikaners is nie Voortrekkers nie maar dwarstrekkers – want julle stem nooit saam nie – nog steeds ware woorde.

Ek dink politiek moet uitgehou word uit o.a. musiek .

Hoe ouer mens word hoe minder gee jy om wat mense van jou dink – so as Steve sy hart wil uitpraat waaroor hy sterk voel – is dit seker sy saak.

Dianne ·

As Steve nie in AIG sing nie en die mense boikot dit dan kry almal wat teen Afrikaans is lekker. Steve is nou maar een van die grootste trekpleisters by AIG sê wat julle wil. Juanita gaan al klaar nie hierdie jaar optree nie en ek ag hulle die twee top Afrikaanse sangers – manlik en vroulik. Ook maar net my opinie wat net vir my tel hoor

Harry ·

En om die rede woon ek altyd AIG by !
Ek daarom vermy ek Sun soos die groot pes !!!
Dankie AIG !!! My respek vir julle.

Leon ·

Die probleem is die groot organisasies maak baie geld uit die regering se byeenkomste wat hulle hou by hulle teaters. Hulle moet dus die biljoene van die publiek wat gemors word en na hulle kanaliseer beskerm. Daarom word Steve en in die toekoms Afrikaanse kunstenaars geteiken. Vandag is dit Steve, môre is dit die ander. Hulle moet net eers ‘n voet in die deur kry. Steve is die begin. As hulle hom kan verban dan is die res van Afrikaans makliker. Hulle doen dit nou al in die skole.

zeno ·

Ag liewe tyd, los tog net vir Steve uit. Dit raak nou afgesaag. Hy bly die beste sanger.

slimmer as nel ·

Aan “nel”: dis ok dat Moreletta kerk dames tee met hannon en die res mag aanbied vir “damesdag’, lente funksies reel e s maar in jou opinie is die nie reg dat daar AIG konserte is nie? Van AIG weg is @ Moreletta, sukkel die kerk finansieel…weet jy dat hulle 120 personeel verlede jaar pakkette gegee het? En ja ek weet, want ek is DEEL vd Kerk bestuur

Anje ·

Dit gaan nie oor Steve as n sanger nie. Dit gaan vir wat hy staan. Afrikaners se vryheid van spraak! Hy het baie meer” guts” as enige van ONS. Hy staan op vir die reg van ons mense en se wat ons almal DINK maar te bang is om te uiter. As die hele afrikaner gemeenskap altyd vou onder onregverdige diskriminasie, sal ons vinniger uitsterf as wat ons reeds doen!

Rupert Ashford ·

Moet vir geen oomblik dink “hulle” gaan “julle” uitlos as Steve en ander nou net begin mooi speel en hulle monde hou nie.

Carine ·

In hierdie land van ons kan jy enige iets doen, jy mag net nie afrikaans en wit wees nie. My opinie is as Afrikaanse mense net vir eenslag sal saam staan en op staan sal daar nogal baie kan gebeur. Maar ons kan nie iemand anders die son oor hul laat skyn nie. Besef jy is vanmore wakker gemaak met God se asem in jou, Sy belofte in jou are en die wete dat jy iets moet doen vandag tot eer en verheerliking van GOD.

Suzette Geringer ·

Dit maak nie saak of jy van Steve hou of nie. Dit is nie reg om Afrikaans is Groot voor ‘n keuse te moet stel “òf Steve òf die Arena” nie. Dit is belaglik. Steve het nog nooit naastenby sulke kwetsende goed kwytgeraak soos julius malema en andile mngxitama, om maar twee te noem nie. Waarom is hy ‘n bedreiging? Hoekom moet daar voorwaardes gestel word? Afrikaans is Groot ek hoop werklik dat julle ‘n alternatief sal kan vind. Dit is nonsens dat rassistiese maatskappye vir julle voorwaardes wil stel. Ek is al gvol vir al die gemors!!

Ougrote ·

Hierdie man Steve H hy mag n show gee,kyk hoeveel energie trek hy as hy op die verhoog kom, ek het gesien!!!

Priscilla ·

Rod Stewart is Baie ouer en Ons luister nog na hom ook ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.