Aitsas 2022: Só lyk benoemings

Die Aitsa-toekennings word weer vanjaar uitgedeel. (Foto: Verskaf)

Die benoemings vir vanjaar se Aitsa-toekennings is Woensdagaand bekend gemaak. Kunstenaars soos Eloff, Elvis Blue, Appel, Spoegwolf en Zaan Sonnekus is in die onderskeie kategorieë benoem.

Die Aitsa-toekennings word weer vanjaar deur PretoriaFM aangebied en is geskep om ʼn onafhanklike geleentheid te wees waartydens die room van die Afrikaanse musiekbedryf op grond van uitmuntende prestasies beloon word.

ʼn Rekord aantal inskrywings vir vanjaar se toekenningsgeleentheid is ontvang.

Hier is die kategorieë en benoemings:

NUWELING VAN DIE JAAR

  1. Corné Pretorius saam met Hunter Kennedy vir “Liefde is ʼn werkwoord”
  2. Simoné Roets vir “Dans in die donker”
  3. Jodi Jantjies saam met Karen Zoid vir “Gee my die woorde”
  4. Alter Ego vir “Verlore”
  5. Germandt Geldenhuys vir “In geval”
  6. Eloff vir “Johnnie Blou”

 

LIEDJIESKRYWER VAN DIE JAAR

  1. Elvis Blue vir “Meer as genoeg”, gesing deur Elvis Blue
  2. Christoph Kotze en Elizabeth Kruger vir “Hardwerkende Man”, gesing deur Appel
  3. Jo Black, Refentse, Christoph Kotze, Jacques Mouton en Danny Smoke vir “Rig jou oë na die berge”, gesing deur Jo Black en Refentse
  4. Johan Oberholzer vir “Haat”, gesing deur Corlea
  5. Elvis Blue vir “Goud in die vuur”, gesing deur Elvis Blue
  6. Christoph Kotze en Paulo Azevedo vir “Dina”, gesing deur Appel

 

GEESTELIKE LIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Esté Gross saam met Len Muller vir “Hemelruim”
  2. Franna Benade vir “Net soos ek is”
  3. Jannie Moolman en Dewald Gouws vir “Met hierdie lofsang”
  4. Jodi Jantjies vir “Een Naam”
  5. Franna Benade vir “Krag in die bloed”
  6. Klipwerf vir “Die Heiland is gebore”

 

ALTERNATIEWE/ROCK LIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Spoegwolf vir “Vergeet”
  2. Tasché vir “Pappa probleme”
  3. Alter Ego vir “Verlore”
  4. Zaan Sonnekus vir “Ek kan net bid”
  5. Corné Pretorius saam met Hunter Kennedy vir “Liefde is ʼn werkwoord”
  6. Spoegwolf vir “Slapende honde”

 

LUISTERLIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Corlea vir “Haat”
  2. Elvis Blue vir “Goud in die vuur”
  3. Brendan Peyper vir “Op jou spoor”
  4. Appel vir “Hier sal jy boer”
  5. Demi Lee Moore vir “Jy ken my naam”
  6. Karlien van Jaarsveld vir “Fontein op die maan”

 

BOEREMUSIEKLIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Vatvas Dansorkes vir “Vaaldam toe”
  2. Donovan de Buys vir “Sondebok”
  3. Voetstamp vir “Petronella”
  4. Vatvas Dansorkes vir “Volstruis-vastrap”
  5. Donovan de Buys vir “Misvloer-settees”

 

MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR

  1. Johan C Venter en Eric T Graham vir “Vat ʼn bietjie”, gesing deur Riaan Benadé
  2. Christian Wolf en Stephan Hugo vir “RSA is in my DNA”, gesing deur Jan Jan Jan
  3. Johan C Venter en Eric T Graham vir “Wie se hart breek jy vanaand”, gesing deur Demi Lee Moore
  4. Jannes Erasmus en Daniël Rademeyer vir “Hemel op aarde”, gesing deur Bernice West
  5. Christian Wolf vir “Vrystaat Vlaktes”, gesing deur Reën
  6. Johan C Venter en Eric T Graham vir “Ploeg jy?”, gesing deur Ricus Nel

 

POPLIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Ricus Nel vir “Ploeg jy?”
  2. Brendan Peyper vir “Stop die wêreld ek wil afklim”
  3. Irene-Louise van Wyk vir “Tekkies brand”
  4. Appel vir “Dina”
  5. Reën vir “Vrystaat Vlaktes”
  6. Demi Lee Moore en Riaan Benadé vir “Kannie sonder jou”

 

VERVAARDIGER VAN DIE JAAR

  1. Murray Lubbe vir “Vrystaat Vlaktes”, gesing deur Reën
  2. Juan “Floors” Oosthuizen vir “Meer as genoeg”, gesing deur Elvis Blue
  3. Barthlo Visagie en Paulo Azevedo vir “Fontein op die maan”, gesing deur Karlien van Jaarsveld
  4. Murray Lubbe vir “Dina”, gesing deur Appel
  5. Juan “Floors” Oosthuizen vir “Rowwe bliksem”, gesing deur Riaan Benadé
  6. Murray Lubbe vir “Op jou spoor”, gesing deur Brendan Peyper

 

INSTRUMENTALE LIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Jacques Rautenbach vir “Take Me Home”
  2. Scheppel vir “Toe vind ek jou”
  3. Jacques Rautenbach vir “My Christmas Wish”
  4. Vatvas Dansorkes vir “Vatvas se blues”
  5. Scheppel vir “Dorp toe”
  6. Jacques Rautenbach vir “It’s All in Vein”

 

AFRIKAANSE LIEDJIE VAN DIE JAAR

  1. Corlea vir “Haat”
  2. Reën vir “Vrystaat Vlaktes”
  3. Elvis Blue vir “Dis wie ek wil wees”
  4. Spoegwolf vir “Vergeet”
  5. Jo Black en Refentse vir “Rig jou oë na die berge”
  6. Brendan Peyper vir “Op jou spoor”

 

KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

  1. Riaan Benadé
  2. Elvis Blue
  3. Demi Lee Moore
  4. Bernice West
  5. Appel
  6. Irene-Louise van Wyk

Die publiek het nou die geleentheid om tot en met 16 November vir hul gunsteling te stem in die onderskeie kategorieë by www.pretoriafm.co.za.

ʼn Weeklikse program waartydens die finaliste in die onderskeie kategorieë bekend gemaak word, sal op Pretoria FM uitgesaai word. ʼn Uittreksel van elke kunstenaar, duo of groep se snit sal gespeel word, sodat die publiek ʼn ingeligte besluit kan neem oor wie uiteindelik as wenner aangewys moet word.

Die wenners sal tydens ʼn glansgeleentheid op 29 November bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.