Akkedis ‘rock’ voort in trefferalbum

Foto: verskaf aan Maroela media

Foto: verskaf aan maroela media

Hierdie Boland-rockers het geen bekendstelling in die Afrikaanse rockwêreld nodig nie. Met dié nuwe album bewys die groep weereens waarom Akkedis steeds een van Suid-Afrika se bestes bly. Die groep, wat gestig is in die destydse alternatiewe era, is steeds meer aktief as ooit.

Akkedis bied steeds groot vermaak by elke fees of venue waar hulle optree. Die groep, bestaande uit die Dennis-tweelingbroers, skryf al hulle liedjies self. Hierdie album het ’n lekker blues rock-gevoel met elke liedjie wat die potensiaal het om ’n enkelsnit te wees.

“Musiek van Hanoverstraat” met ’n Kaapse Klopse-gevoel en wat ook die kazooz vertoon, asook “Nos Amanos Mozambique” met ’n Afrika-gevoel en inslag, wys die diversiteit van hierdie groep. Goeie kitaarwerk met glykitaar, banjo en harmonika met sterk refreine maak die album baie sterk, iets wat net van so ’n groep verwag kan word.

Daar is ook ’n goeie weergawe van Valiant Swart se “Donker kom jou haal”. “Elkeen vir homself” is ’n harde rockliedjie wat nogal ’n psigedeliese 70’s-inslag het. Dit is vir seker ’n gunsteling op die album. Dan is daar ook ’n ander gunsteling met ’n lekker reggae-inslag, “Waar’s die revolusie”.

Dit is voorwaar is baie goeie diverse album met iets vir almal – vir seker van Akkedis se beste werk nóg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.