Al my hiets!

Wicus van der Merwe

Die bekroonde musikale komediant en gewilde TV-aanbieder Wicus van der Merwe trakteer sy bewonderaars met ‘n dubbel-album met al sy treffers daarop! Plus opwindende verrassings!

“Alles gebeur nou te vinnig! Hier staan ons nou al by die vyfde cd en waar is die tyd heen!? So baie het al in die afgelope jare gebeur vandat ek die eerste keer op ‘n mal mens se gedagte agter ‘n mikrofoon ingeskuif het dat ek dit nou nog nie kan glo nie! Ek het vreeslik baie om voor dankbaar te wees, veral as jy in gedagte hou dat ek die mees skeptieste van almal was aan die begin oor of die storie gaan werk. Ek het hordes nuwe vriende gemaak wat my lewe op soveel maniere verbeter en ryker gemaak het! Ek het soveel plekke gesien wat ek nooit sou gesien het nie of nie eers sou geweet het van hulle bestaan nie!” sê Wicus oor sy trefferalbum Al my hiets!

Dié dubbelabum bevat 34 treffers met daarby ingesluit vyf splinternuwe, opwindende snitte: Sê net vir my, Da King , My perd, my brak en ek, Opskop, die kenwysie van Wicus se TV-program op kykNET, en ‘n satiriese kykie na die Afrikaanse musiekbedryf in 2011 op die snit Waatlemoen. Dié snitte is verwerk en opgeneem deur Sean Butler met aanvullende programmering deur Tertius Jacobs. Juan “Floors” Oosthuizen tokkel die kitare op die nuwe snitte. (Select Musiek)

Speellys

CD 1

  1. Sê Net Vir My
  2. Spietkop Medley (Boeremieks): Spietkop and Liefling
  3. Hie’ Komme Ding
  4. Opskop
  5. Vat Hom Pappie
  6. Waatlemoen
  7. My Renê
  8. WP Jou Lekka Ding
  9. Da King
  10. Annatjie My 4×4
  11. Ek Hoop
  12. My Perd, My Brak En Ek
  13. Krisjan
  14. Weskus Krismis
  15. Clanwilliam
  16. Mis Jou
  17. I Can’t Stop Loving You (Met Tommy Dell)

CD 2

  1. Die Boesmanland Se Hanetjie Keurspel: Die Hanetjie and Boesmanland
  2. Hartbeespoortdam
  3. Hooit!
  4. Jy Kan My Druk
  5. Ek En Jy
  6. Bokke Is Die Beste
  7. Ek Kô Huistoe
  8. Boude
  9. Rebecca
  10. Bokkie Sê My Reg
  11. Groenblare
  12. Skattiebokkieliefieding
  13. Liela’tjie
  14. Kettie En Klip
  15. Maak Los Die Honde
  16. Stryder In Die Stofpad
  17. Liggies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.