Almero stel eerste vollengte album bekend

Almero het vinnig ʼn bekende naam  in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf geword ná sy duet saam met Bouwer Bosch, “Nul Is Nie Niks Nie”, wat gebruik is as temalied van ie”, is baie goed ontvang en sy eerste vollengte album, Maandag, is nou bekend gestel.  die jeugfliek met dieselfde naam.

Hy het die verhoog met Bouwer by die OppiKoppi-musiekfees in 2017 gedeel.

Dié 21-jarige spog ook met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte. Almero se mees onlangse kragballade, “Monochrom

Saam met die bekendstelling van sy album, reik hy ook ʼn enkelsnit getiteld “Vloedverlief” met Reënwolf uit. “Vloedverlief” is geskryf deur Almero en Danie du Toit van die bekende musiekgroep Spoegwolf.

“Dié liedjie is in Danie se woonstel in Stellenbosch geskryf, tesame met nog drie ander liedjies vir die album.  Albei het gedink dit sal goed wees as hy saam sing op die lied. Danie het ook gehelp met die vervaardiging van al vier hierdie liedjies, ” lui ʼn verklaring.

“’Vloedverlief’ is ’n gesprek tussen twee mense.  Die een wil tou opgooi en die ander een wil die wêreld invaar en om oorlewing baklei.  Albei het twyfel, maar net een is bereid om te probeer.  Ek en Danie het albei ʼn liefde vir die vloedverhaal en die ark, en die liedjie spreek daarvan.  Ons almal woon soms in arke, maar dit is nie waarvoor ons gemaak is nie.  Ons moet die branders in,” het Almero hierdie lied beskryf.

Almero het gesê sy nuwe album is baie persoonlik, en daarom vir hom baie spesiaal.

“Elke lied het ‘n belangrike storie van my lewe en die verhale het my en die mense om my gevorm. Baie van my vriende en familie se stories is ook in die liedjies te vinde,” het hy vertel.

Buiten Almero en sy broer, Nico Welgemoed, het verskeie musikante gehelp met die album se musiek en vervaardiging, onder andere Bouwer Bosch, Danie du Toit, Ruan Graaff en Peach van Pletzen.

Almero is tans besig om sy boek, Donderweer Gedagtes, te bemark. Maandag is van vandag af op alle digitale platforms beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.