Als van jou

Rea le Roux

Als van jou is ‘n liefdesalbum wat gaan oor romanse sowel as die kompleksiteit van verhoudings. Die album gaan oor die wonderlike gevoelens van verlief wees, maar ook die bitter teleurstellings van verhoudings wat seer geeindig het …

Die liedjies is nog nooit voorheen opgeneem nie, en het ‘n baie moderne Afrikaanse pop klank wat in lyn is met internasionale pop klanke …en uitsonderlik deur Rea le Roux vertolk word. “Sit ‘n bietjie liefde in jou hart”, “Hemelruim”, “Als van jou”, “Mis jy my”, “Gee vir my jou hart” en “Oral waar jy gaan” is opgewekte liedjies wat verliefdes aan hulle bemindes kan sing en opdra …

Met “Een tree agter jou”, “Jy is crazy beautiful”, “Daar’s ‘n vrou wat wag” en “Ek gaan nie meer huil oor jou nie” wys Rea le Roux haar meer ernstige kant as sangeres, en enige persoon wat al ‘n liefdesteleurstelling ervaar het, sal met die liedjies kan identifiseer. Die ervaringe waaroor Rea le Roux sing is universeel en hopelik kan ‘n gebroke hart wat na hierdie liedjies luister weet hulle is nie alleen nie. (Storm Rekordz)

Speellys

  1. Sit
  2. ‘n bietjie liefde in jou hart
  3. Hemelruim
  4. Een tree agter jou
  5. Jy is crazy beautiful
  6. Als van jou
  7. Mis jy my
  8. Daars ‘n vrou wat wag
  9. Gee vir my jou hart
  10. Oral waar jy gaan
  11. Ek huil alleen
  12. Feeverhaal
  13. Ek gaan nie meer huil oor jou nie
  14. Mis jy my (BiGG T Remix)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.