Amerikaanse rockgroep kom na SA 

Guns N’ Roses (Foto: Facebook)

Die Amerikaanse rockgroep Guns N’ Roses besoek Suid-Afrika einde vanjaar vir die eerste keer sedert die groep se ontstaan met ʼn enkeloptrede.

Die groep het dié nuus op sosiale media met aanhangers gedeel. “Goeie nuus, Suid-Afrika! Guns N’ Roses gaan Johannesburg besoek,” het die groep op Facebook laat hoor.

Dié optrede in die FNB-stadion in Johannesburg is deel van Guns N’ Roses se wêreldwye Not In This Lifetime-toer.

Sedert die aanvang van die Not In This Lifetime-toer verlede jaar is meer as een miljoen kaartjies wêreldwyd al verkoop om dié rockers op die verhoog te sien.

Die groep wat bestaan uit Axl Rose (voorsanger en klavier), Duff McKagan (baskitaar), Slash (hoofkitaarspeler), Dizzy Reed (klawerbord), Richard Fortus (ritmiese kitaar), Frank Ferrer (tromme) en Melissa Reese (klawerbord) is in 1985 gestig.

Die groep is al vir drie Grammy’s benoem en het tientalle ander toekennings, waaronder talle American Music Award-toekennings, verower. Hulle het tot dusver ses ateljee-albums en talle ander samewerkingsprojekte die lig laat sien.

Voorverkope-kaartjies open op 5 Junie. Die amptelike kaartjieverkope begin op 7 Junie. Kaartjies is beskikbaar by Big Concerts en Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uvonka ·

Wat wil die mense in SA kom maak? Hulle gaan van hulle guns beroof word, kan ook nie se daar gaan net roses oorbly nie!!!!

A Big Concert ·

Goeie nuus!! Ons wou hulle gaan sien het in Kuala Lumpur of in Abu Dhabi. Nou kom hulle na Suid-Afrika toe ook!.

Izak ·

Net 20 jaar te laat, ek was n groot fan, maar dit was n ander leeftyd.

GnR ·

Toemaar Izak, hulle en ons sal jou nie mis nie. Kon nie so groot fan gewees het as jy maar na 20 jaar nie meer is nie.

ek sê maar ·

Ag nee maggies kyk na kaartjiepryse! Hierdie mense is almal so skatryk en behoort (soos Sting jaaaare gelede gedoen het) hul pryse aan te pas by ons swak wisselkoers. Geen manier wat ek hul kan gaan sien nie.

Marthinus Willemse ·

Ek wag nog geduldig vir John Fogerty en Creedence Clearwater Revival. Chuck Berry sal nie meer kom nie; Roy Orbison sal nie; Johnny Cash ook nie. En Johnny Kongos se roadhouse in Alberton, Johnny’s Guitar, hou hom seker nou besig.

VanAfrika ·

Sal wat wil gee om Sweet Child of Mine “life” te hoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.