André Schwartz stel nuwe album, Die pad, bekend

André Schwartz is deur sy bekende vriende by die bekendstelling ondersteun. Foto: Sheen Photography.

Toe André Schwartz sy bekende “Ek wil jou noot weer sien”-enkelsnit tydens die bekendstelling van sy nuwe album, Die pad, Donderdag aangebied het, het die gehoor spontaan opgestaan en hom toegejuig. Die album gee blyke van die pad wat Schwartz in sy suksesvolle loopbaan moes stap om te kom waar hy vandag is.

Die bekroonde sanger wat vroeër vanjaar bekend gemaak het dat hy al vir langer as ʼn jaar aan motorneuronsiekte ly, het nie dat dié siekte hom stuit nie en het hy sy 15de en jongste album tydens ʼn intieme geleentheid by die Fairway Hotel in Randburg bekendgestel.

Die album bestaan uit tien oorspronklike snitte, wat titels soos “Tweede kans”, “Trap in my spore”, en “Perfek vir my”, insluit. Die snitte is die werk van verskeie liedjieskrywers.

In ‘n gesprek met Maroela Media vertel Schwartz dat een van die snitte, “Negentien September”, baie na ons sy hart is. “Die lied het sy onststaan in ‘n fliek gehad, en ‘n dame met die naam van Greta Jones het die lied gesing.”

Die lirieke, verduidelik hy, is deur PG du Plessis geskryf, terwyl Christa Steyn verantwoordelik was vir die wysie. “Daar is ‘n stukkie in die nuwe lied wat gewysig is, waarvoor Christa se seun, Douw, my toestemming gegee het.”

Die album het ook vier bonussnitte wat verwerkings is van bestaande gunstelinge soos “Piano Man” en “Lief vir alles hier”. “I Dare To Dream”, ’n hartroerende duet saam met Yvonne Chaka Chaka, is ook deel van dié indrukwekkende speellys.

Schwartz is by die geleentheid ondersteun deur sy vriende in die vermaakwêreld, onder meer Joe Foster, Kurt Darren, Lee Scott, Willem Botha, Len Muller en Sorina.

In sy toespraak het Schwartz sy opregte dank teenoor almal betrokke by die projek uitgespreek. Hy het ʼn paar van die snitte in die album vir die gaste gesing en afgesluit met ʼn keurspel van ouer treffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hallelujah ·

Amen Andre wys die mense moet mens nie net aanvaar dat jy aan ‘n siekte lei en dat jou lewe verby is nie – mmmmm mmmmmm. Ek was en is nog altyd mal oor jou – jou CD gaan ek koop en oor en oor luister. God seen jou ryklik.

Humbug ·

Ditto hallelujah, was van kindsbeen Mal oor hom en sy musiek. Vandag is hy steeds iets vd oog. Wys hul Andre. Baie trots op jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.