Andriëtte, Karen Zoid betree Top-20

Andriëtte Norman (Foto: Verskaf)

Andriëtte, wat vir vyf jaar stil was, is terug op die Afrikaanse musiektoneel met ʼn splinternuwe enkelsnit uit haar lankverwagte album wat binnekort op die rakke sal wees. “Druppel in die see” is een van die liedjies in haar nuwe album. Dié snit maak sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 18de plek.

Karen Zoid en die kletsrymer Early B het hande gevat met die akteur en sanger Neil Sandilands vir ʼn nuwe snit getiteld “Toe die wêreld stil gaan staan”. Die liedjie is aanlyn ongelooflik goed ontvang en betree vandeesweek se treffersparade in die 14de posisie.

Bernice West onttroon Appel se “Nonna” en neem vandeesweek die eerste plek in met “Sonop-blom”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en sewe wat daal, vyf wat onveranderd bly en drie nuwe enkelsnitte wat hul toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Francois van Coke – “As ek kon”
  4. Brendan Peyper – “Sterk soos ’n leeu”
  5. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  6. Loki Rothman – “Op my pad”
  7. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  8. Riana Nel – “Ewigheid”
  9. Laudo – “Ek kan nie wag nie”
  10. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  11. Kurt Darren – “Party tyd”
  12. Bok van Blerk – “Een”
  13. Appel – “F250”
  14. Karen Zoid ft Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  15. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  16. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  17. Leah – “Girls Night”
  18. Andriëtte – “Druppel in die see”
  19. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  20. Jan Jan Jan – Ek bly ʼn boer”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.