Appel ‘boer’ weer op Top-20

Appel het die afgelope week sy jongste enkelsnit, “Hier sal jy boer”, bekendgestel. Dié snit maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

“Hier sal jy boer” verskyn in sy nuwe album getiteld Hardwerkende Man, wat binnekort uitgereik word.

Riaan Benadé se liedjie “Vat ’n bietjie” maak ook vandeesweek sy buiging op die Top-20. Sy snit “Spontaan” is nog steeds in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat onveranderd bly en twee enkelsnitte wat hul toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  3. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  4. Elandré – “Binne & buite”
  5. Bernice West – “Kom binne”
  6. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  7. Elandré – “Dag en nag”
  8. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  9. Elandré – “Waar die wind my waai”
  10. Fatman – “Vuil Coke”
  11. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  12. Bernice West – “O kind”
  13. Kurt Darren en Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  14. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  15. Bernice West – “Sonop-blom”
  16. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  17. Rooksein – “Kyk na my hart”
  18. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  19. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  20. Appel – “Hier sal jy boer”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.