Appel kort op Riaan se hakke op Top-20

Appel se nuwe album getiteld Hardwerkende man het nog nie eers die lig gesien nie, maar twee enkelsnitte uit die album pryk reeds op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Appel het luisteraars trakteer deur “Hier sal ek boer” en “Dina” voor die res van die album bekend te stel. Hardwerkende man word in Junie uitgereik.

“Dina” betree vandeesweek se top-20 in die 18de plek. Die lied sinspeel op die FAK-liedjie “Waar is my Dina?”, waarin Appel met sy eie weergawe vertel waar Dina is.

“Hier sal jy boer” het verlede week die top-20 betree en spring vandeesweek 18 plekke na die no. 2-posisie.

Reën se “Vrystaat vlaktes” skuif dus in die derde plek in, terwyl Riaan Benadé se lied, “Spontaan”, die eerste plek behou.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 13 wat daal, drie wat onveranderd bly en een enkelsnit wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Appel – “Hier sal jy boer”
  3. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  4. Elandré –“Binne & buite”
  5. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  6. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  7. Bernice West – “Kom binne”
  8. Elandré – “Dag en nag”
  9. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  10. Elandré – “Waar die wind my waai”
  11. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  12. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  13. Fatman – “Vuil Coke”
  14. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  15. Bernice West – “O kind”
  16. Kurt Darren met Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  17. Bernice West – “Sonop-blom”
  18. Appel – “Dina”
  19. Rooksein – “’Kyk na my hart”
  20. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.