Appel kraai nou koning op Top-20

Appel en Riaan Benadé oorheers vandeesweek weer die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Benadé se liedjie “Spontaan” verloor sy plek in die no. 1-posisie en maak plek vir Appel se nuwe enkelsnit “Hier sal jy boer”.

Benadé se snit “Gooi nog ʼn whiskey” is in die vierde plek terwyl “Vat ʼn bietjie”, ook ʼn Benadé-snit, in die agste posisie is.

“Hier sal jy boer” verskyn in Appel se jongste album Hardwerkende man. “Dina”, wat ook in dié album verskyn en wat verlede week die top-20 betree het, klim hierdie week na die negende plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, agt wat daal en vyf wat onveranderd bly.

  1. Appel – “Hier sal jy boer”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  4. Riaan Benadé –“Gooi nog ’n whiskey”
  5. Elandré – “Binne & buite”
  6. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  7. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  8. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  9. Appel – “Dina”
  10. Elandré – “Dag en nag”
  11. Bernice West – “Kom binne”
  12. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  13. Elandré – “Waar die wind my waai”
  14. Bernice West – “O Kind”
  15. Fatman – “Vuil Coke”
  16. Bernice West – “Sonop-blom”
  17. Kurt Darren met Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  18. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  19. Rooksein – “’Kyk na my hart”
  20. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.