Appel, Riaan Benadé wedywer om kroon op top-20

Riaan Benadé. (Foto: Francois Olivier)

Die musiekvideo vir Riaan Benadé se snit “Vat ’n bietjie” is sowat drie weke gelede uitgereik en het reeds byna 215 000 kykbeurte op YouTube.

Die komediante Q-Man en Ricus de Beer, bekend as Jonathan van Radio Raps, maak ʼn verskyning in dié prettige musiekvideo wat ʼn rampartytjie uitbeeld.

Dié liedjie neem ook weer vandeesweek die eerste posisie in op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Appel oorheers steeds die top-20 met die meeste snitte op die treffersparade. “Dina” klim weer met een plek na die tweede posisie, terwyl “Hier sal jy boer val” een nommer van verlede week na die derde plek geval het.

“Hardwerkende man” val met een plek van verlede week se vyfde posisie en “Boerenooi” klim met een plek van verlede week se sesde plek na vandeesweek se vyfde posisie.

Christia Visser, wat verlede week die top-20 in die laaste plek betree het met haar jongste enkelsnit “Beste leuen wen”, styg vier plekke en is nou in die 16de posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, tien wat daal en twee wat onveranderd bly.

  1. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  2. Appel – “Dina”
  3. Appel – “Hier sal jy boer”
  4. Riaan Benadé –“Spontaan”
  5. Appel – “Boerenooi”
  6. Appel – “Hardwerkende man”
  7. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  8. Elandré – “Binne & buite”
  9. Bernice West – “Sonop blom”
  10. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  11. Bernice West – “Kom binne”
  12. Elandré – “Dag en nag”
  13. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  14. Elandré – “Waar die wind my waai”
  15. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  16. Christia Visser – “Beste leuen wen”
  17. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  18. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  19. Fatman – “Vuil Coke”
  20. Rooksein – “Kyk na my hart”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.