Appel span kroon op Top-20

Appel kraai steeds koning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met vier van sy jongste snitte wat op dié treffersparade pryk.

“Boerenooi” betree vandeesweek die Top-20 in die 20ste plek en “Dina” bly vir die derde week in die no. 1-posisie. Die ander twee is “Hier sal jy boer” in die tweede posisie en “Hardwerkende man” in die sesde posisie.

Riaan Benadé se liedjie “Vat ’n bietjie” klim met een plek van verlede week se no. 5-posisie na vandeesweek se vierde plek.

Die musiekvideo van die liedjie, wat verlede week uitgereik is, het amper 85 000 kykbeurte op YouTube gehad.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, agt wat daal, ses wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Appel – “Dina”
  2. Appel – “Hier sal jy boer”
  3. Riaan Benadé – “Spontaan”
  4. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  5. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  6. Appel – “Hardwerkende man”
  7. Elandré – “Binne & buite”
  8. Bernice West – “Sonop-blom”
  9. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  10. Bernice West – “Kom binne”
  11. Elandré – “Dag en nag”
  12. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  13. Elandré – “Waar die wind my waai”
  14. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  15. Fatman – “Vuil Coke”
  16. Bernice West – “O Kind”
  17. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  18. Rooksein – “’Kyk na my hart”
  19. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  20. Appel – “Boerenooi”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.