Appel swaai septer op Top-20

Appel oorheers weer vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20. Nie net neem “Dina” die eerste plek en “Hier sal jy boer” die tweede plek in nie, maar betree die snit “Hardwerkende man” ook die top-20 in die 15de plek.

Die musiekvideo vir “Hier sal jy boer” is ook onlangs uitgereik en het binne dae reeds meer as 28 600 kykbeurte op YouTube gehad en is ook onder die top-50 video’s wat nou die meeste gekyk word in Suid-Afrika op dié platform.

“Dina” bly vir die tweede week in die no. 1-posisie.

Riaan Benadé se “Spontaan” val met een plek terug na die derde plek en Bernice West se “Kom binne” bly in die vierde plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, vyf wat daal, agt wat onveranderd bly en een nuwe toetrede.

  1. Appel – “Dina”
  2. Appel – “Hier sal jy boer”
  3. Riaan Benadé – “Spontaan”
  4. Bernice West –“Kom binne”
  5. Riaan Benadé – “Vat ʼn bietjie”
  6. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  7. Elandré – “Binne & buite”
  8. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whiskey”
  9. Elandré – “Dag en nag”
  10. Bernice West – “Sonop-blom”
  11. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  12. Elandré – “Waar die wind my waai”
  13. Fatman – “Vuil Coke”
  14. Bernice West – “O Kind”
  15. Appel – “Hardwerkende man”
  16. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  17. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  18. Rooksein – “Kyk na my hart”
  19. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  20. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.