Appel terug in 1ste plek op Top-20

Appel (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Appel se “Nonna” het reeds vroeg vanjaar naam gemaak toe dit die eerste liedjie was wat dit kon regkry om Snotkop en Ricus Nel se “Boerepompie” te onttroon.

Vandeesweek is “Nonna” wéér bo aan die lys, terwyl “Boerepompie” die nr. 9-posisie inneem.

Bok van Blerk se nuutste enkelsnit “Een” vanaf sy album Hoor Ons!, betree die week se Top-20 op nommer 20.

Juanita du Plessis klim weer die week met een plek. “Maak dit los” is die eerste enkelsnit vanaf haar nuutste album Dis tyd wat op 28 Februarie bekendgestel gaan word.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en tien wat daal en vier wat onveranderd bly en een splinternuwe toetrede.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  3. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  4. Brendan Peyper – “Sterk soos ’n leeu”
  5. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  6. Biggy – “Dames”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  8. Refentse – “What a boytjie”
  9. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  10. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  11. Spoegwolf – “Seile”
  12. Riana Nel – “Sterker”
  13. Bok van Blerk – “Was”
  14. Riana Nel – “Ewigheid”
  15. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  16. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  17. Juanita du Plessis – “Maak dit los”
  18. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  19. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  20. Bok van Blerk – “Een”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nefie ·

Ek sien hierdie is Maroela Media se Top 20.
Uit nuuskierigheid sal ek graag wil weet hoe word die top 20 bepaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.