Appel tref weer in die kol op Top-20

As daar een kunstenaar is wat weet hoe om trefferliedjies te skryf en sing, is dit Appel.

Sy splinternuwe enkelsnit, “Heito potato”, betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die eerste plek. Die lied se musiekvideo is al meer as 88 000 keer in slegs drie dae gekyk.

Danny Smoke (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Danny Smoke se splinternuwe lied, “Stadig”, debuteer vandeesweek in die 16de plek op die Top-20. Hy en die musiekvervaardiger Murray Lubbe het die liedjie saam geskryf.

“Stadig” is ʼn liefdesliedjie, maar ook uitdagend, sê Danny. “Ek hou daarvan om in die oomblik te lewe, en dit was my inspirasie om dié liedjie te skryf.”

Bernice West is ook weer terug op die Top-20 met haar nuwe liedjie, “Net dans”, wat vandeesweek op die 17de plek pronk. Dié lied, wat Bernice self geskryf het, verskyn op haar opkomende album, IDENTI“TYD”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie liedjies wat klim, een wat onveranderd bly, drie liedjies wat die treffersparade betree en 13 wat hulle plekke verloor.

1. Appel – “Heito potato”
2. Riaan Benadé – “Stoom”
3. Brendan Peyper – “Madelein”
4. Riaan Benadé – “Boksemdais”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Die Piesangskille – “Converse”
7. Eloff – “Vlerke”
8. Demi Lee Moore – “Hart breek”
9. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
10. Riaan Benadé – “Bosveldterapie”
11. Riaan Benadé saam met Demi Lee Moore – “Hemel & hel”
12. Chris Steyn – “Helemal”
13. Eloff – “Elke liewe ding”
14. Brendan Peyper – “Moegdans”
15. Jan Jan Jan – “Dans kwagga”
16. Danny Smoke – “Stadig”
17. Bernice West – “Net dans”
18. Brendan Peyper – “Lentelyf”
19. Die Piesangskille – “Haar naam was somer”
20. Zaan Sonnekus – “Die kortste hier”

Maroela se keuse:

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Colette van der Merwe, data-en advertensiekonsultant, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna sy vandeesweek luister:

1. “Ek kan jou nie my maak liefhê” – Demi Lee Moore
2. “Asseblief” – Elandré
3. “Vlerke” – Eloff
4. “Hallelujah” – Nicholis Louw
5. “Mal oor jou” – Tarryn Lamb

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisiese albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.