ATKV se suksesvolle Ave Maria/Halleluja-musiekproduksie by KKNK te sien

Deur die loop van die eeue is baie musiek met die titel “Ave Maria” gekomponeer. Ook is die gebruik van die woordjie “Halleluja/Alleluia” ‘n algemene verskynsel in die musiekkonteks.

Die ATKV, in samewerking met die US Woordfees, het gedurende 2011 ‘n unieke musiekproduksie gebaseer op die musikale samevloeiing van komposisies met “Ave Maria” of “Halleluja” as titel die lig laat sien. Hierdie produksie is verlede jaar met luide apppous en staande gehore by Woordfees, Innibos en die VryFees ontvang.

Ave Maria/Halleluja kuier ook by vanjaar se KKNK. Talle geliefde werke sal gehoor kan word, o.a. die bekende Ave Maria van Schubert, die ander gunsteling Ave Maria van Bach-Gounod, en ook Handel se bekende Halleluja-koor uit “Die Messias”. Ook ligter musiek word in ‘n klassieke styl met ‘n effense jazz-aanslag verwerk met o.a. Leonard Cohen se Hallelujah en Anneli van Rooyen se alombekende Halleluja waarna gehore sal kan uitsien.

Die verwerkings is gedoen deur die Gautengse orrelis, Ockie Vermeulen, en die volgende kunstenaars sal deel van die produksie vorm:

Brooklyn Poet Jak de Priester
Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan)
Lizelle le Roux (viool)
Ockie Vermeulen (klavier)*musiekregisseur
Juan Floors Oosthuizen (kitaar)
Matthew Lombard (altsaksofoon)
Christi-Louise Swanepoel (kontrabas)
Hugo Radyn (tromme), en
die Klein Karoo Feeskoor o.l.v. Chrisna du Preez & John Theodore

Hierdie unieke produksie vind op Saterdagaand, 7 April om 18:00 in die ABSA Burgersentrum in Oudtshoorn plaas.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket.
Die vertoning duur 70 minute met geen pouse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.