Atterbury Teater: Wen kaartjies na Jannie du Toit se vertoning

Jannie du Toit vier sy veertig jaar van passie vir Afrikaanse musiek met ’n landwye konserttoer.

Met ’n kombinasie van humor, erns en nostalgie neem Onderweg die gehoor op ’n musiekreis met liedjies in verskillende tale geskryf deur onder andere Brel, Brecht en Koos du Plessis – natuurlik ook van Jannie se eie liedjies en dié wat hy saam met Christa Steyn geskryf het. Die teks vir Onderweg is geskryf deur bobaasverteller PG du Plessis en die regie is waargeneem deur Emma Bekker.

Saam met Jannie op die verhoog is Clinton Zerf (klavier) asook ’n tjellis – na gelang van hulle beskikbaarheid – Susan Mouton of Arend Brink.

’n Laserskyfstel bestaande uit ’n dubbel-CD en DVD asook ’n koffietafelboek oor Jannie se musiekstorie word by die konsert te koop aangebied.

Drie lesers kan dubbelkaartjies na die vertoning wen! Die vertoning is môreaand, 1 Februarie 2012, om 20:00 by die Atterbury Teater in Pretoria. Stuur bloot ‘n e-pos met jou naam en telefoonnommer aan [email protected] om te wen!

Daar is ook ‘n beperkte aantal kaartjies net vir Maroela Media-lesers beskikbaar gestel teen halfprys, dus R70-00 elk! Stuur gerus ook ‘n e-pos aan [email protected] met jou telefoonnommer om van hierdie afslag gebruik te maak.

Bepalings en voorwaardes:
* Die eerste drie e-posse wat ontvang word sal die dubbelkaartjies wen.
* Die kaartjies kan nie vir kontant omgeruil word nie.
* Vervoer na en van die teater en verversings is nie by die prys ingesluit nie.
* Die beoordelaars se beslissing is finaal en Maroela Media sal nie by enige verdere kommunikasie hieroor betrokke raak nie.
* Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. Slegs die wenners sal gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.