‘Ballade’-aktrise betree Afrikaanse Top-20 met eerste enkelsnit

Christia Visser is ʼn bekende aktrise wat naam gemaak het in rolprente soos Tess, Ballade vir ʼn enkeling en Hollywood in my huis. Sy het ook die rol van Lily vertolk in die gewilde kykNET-reeks Die boekklub. Vandeesweek maak sy haar debuut in posisie no. 16 op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met haar eerste enkelsnit, “17 shots”.

Elandré stof vandeesweek vir Jo Black uit en neem die no. 1-posisie in met sy jongste enkelsnit, “Vuur op die water”. Corlea se enkelsnit “Bittersoet” het plek gemaak vir die snit “Onbreekbaar” in haar gelyknamige jongste album. “Onbreekbaar” betree die top-20 in die no. 20-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, 12 wat daal, twee wat onveranderd bly en twee nuwelinge.

  1. Elandré  – “Vuur op die water”
  2. Jo Black – “Voel jy die genade”
  3. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  4. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  5. Ivan Roux – “Daai ding”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  7. Refentse – “Liefdegenerasie”
  8. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  9. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  10. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  11. Spoegwolf – “Blou”
  12. Refentse – “Baie gevaarlik”
  13. Straatligkinders – “Krake”
  14. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  15. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  16. Christia Visser – “17 shots”
  17. Manie Jackson – “Donker hart”
  18. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  19. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  20. Corlea – “Onbreekbaar”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zettie ·

Dié vroutjie is een van die mooiste mense wat ek nog op televisie gesien het. Ek is seker sy gaan dit nog vêr bring met haar sangloopbaan ook. Sy is baie talentvol. Mooi so Christia.

alicia ·

Meisie-mens jou talente het geen perke nie. Welgedaan! Ek weet ons gaan sommer nog baie van jou hoor :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.