Basta!-liriekskryfkompetisie – Stem nou vir jóú gunsteling!

Stem nou vir jóú gunsteling!
Luister hieronder na die finale verwerkings van
Abigail, Denine, Shavonne en Wanika se lirieke.
Die een wat as Maroela Media se luisteraarsgunsteling aangewys word,
wen R3 000 kontant!

Hierdie kompetisie is gesluit: Solidariteit Tydskrif het ʼn liriekskryfkompetisie gehou waaraan skoliere landswyd kon deelneem. Die opdrag? “Skryf lirieke gebaseer op Dirk Hermann se boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika.”

Die skryfwerk van opgewonde skoliere het ingestroom, en uiteindelik is vyf finaliste gekies. Die finaliste se lirieke is daarna deur Waldo Greeff getoonset en deur Andries Hendrik Potgieter opgeneem vir sy nuwe CD, Basta!

Die wenner van hierdie liriekskryfkompetisie, Nico Nelissen van Bethlehem, se lied, Ons is Afrika, is deur Andries Hendrik en Steve Hofmeyr opgeneem vir die CD.

Naam: Nico Nelissen
Liedjie: Ons is Afrika
Skool: Hoërskool Witteberg

Luister gerus na die hoendervleissnit, Ons is Afrika, hier:

Maar, die kans om te wen, is nie vir die res van die finaliste verby nie. As die media-vennoot van hierdie kompetisie, staan nog een van die finaliste die kans om R3 000 kontant te wen met Maroela Media se luisteraarsgunsteling-kompetisie.

Jy het nou ʼn kans om te sê van watter liedjie jy die meeste hou! Luister na die finale verwerkings van die res van die finaliste (Abigail, Shavonne, Wanika en Denine) se liedjies en stem vir jou gunsteling!

Reëls:

Elke persoon kan net een keer kan stem.
Die persoon wat op 30 November vanjaar die meeste stemme het, wen ʼn kontantprys van R3 000 met die komplimente van Maroela Media.
Die wenner sal op Maroela Media aangekondig word.
Jy kan na die musiekvideo van die wenliedjie, Ons is Afrika, kyk en luister op Maroela Media, maar hierdie liedjie kom nie in aanmerking vir die luisteraarsgunsteling-kompetisie nie.
Stem Nou!
[poll id=”8″]

——————————————————————————–

Naam: Shavonne de la Fontaine
Skool: Hoërskool Upington

Liedjie: Waar pas ek in
[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27643165″]

Liedjie: Na die Moederland
[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27642066″]

Liedjie: Ons wonderlike land
[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27642460″]

——————————————————————————–

Naam: Wanika van Rij
Liedjie: O na na
Skool: Hoërskool Montana

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27642255″]

——————————————————————————–

Naam: Denine Burger
Liedjie: Tree vir tree
Skool: Hoërskool Olifantshoek

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27642903″]

——————————————————————————–

Naam: Abigail van Niekerk
Liedjie: Ossewaens vol hoop
Skool: Hoërskool John Vorster

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/27642814″]

——————————————————————————–
‘n Program met drie van die deelnemers is op De Kat-TV uitgesaai, kyk hier na die insetsel wat Donderdagaand, 10 November om 21:00 op kykNET uitgesaai is:

ʼn Artikel oor vier van die finaliste verskyn boonop ook in die November/Desember 2011-uitgawe van die De Kat-tydskrif – koop die tydskrif en lees meer!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Goeie werk; julle is almal baie kreatief! Dis lekker om te luister na die energie en hoop in elke liedjie.

oupa ·

ONS AFRIKAANSE JEUG STAAN STERK, LIEDJIES UIT DIE HART VAN SUID AFRIKA SE TOEKOMSTIGE LEIERS. MOOI ONS IS TROTS OP JULLE.
OUPA IS VERAL TROTS OP JOU MY KLEINKIND ABIGAIL !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.