Bekende Afrikaanse musiekgroep groet

Van Coke Kartel (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse musiekgroep Van Coke Kartel gaan nie meer musiek maak nie.

Dié groep het Woensdag in ʼn Facebook-inskrywing gesê hulle het ná “’n dekade van serious wilde rock ʼn roll jols, vyf albums, vyf drummers en talle internasionale toere” besluit om te ontbind.

“Ons het 16 maande laas gespeel en is super amped vir die paar laaste shows,” skryf die groep op Facebook. “Dankie vir julle ondersteuning deur die jare. Daar was baie memorable shows en ongelooflike goeie herinneringe.”

Van Coke Kartel is in 2007 deur Francois van Coke, Wynand Myburgh en Justin Kruger gestig toe F*k*fpolisiekar vir ʼn tyd lank nie musiek gemaak het nie.

Die groep is een van die gewildste en bekendste Afrikaanse rockgroepe en het al meer as tien toekennings ingepalm.

As deel van hul swanesang het die groep aanhangers uitgenooi om van hul gunstelingliedjies te nomineer vir hul komende laaste optredes.

Vir meer inligting oor dié optredes, besoek Van Coke Kartel se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oompie ·

Kan ‘n kundige as ‘n vertel van hoe van Coke kartel. Polisie Kar. A King en Heuwels fantasties inmekaar pas.

plonkie ·

Hunter Kennedy skryf dink ek meeste van die 3 groepe se liedjies hoewel ek nie seker is van Van Coke Cartel nie. Die een deel van FPK (Hunter Kennedy ens) het die Heuwels FAntasties begin die ander deel Francois Van Coke het Van Coke begin.

Geengeduld ·

Gaap? Hoekom verkies jy liewer die snert van mense soos Kurt Darren of Bobby Van Jaarsveld?

Lol ·

Die effek van te veel “Coke” maak mens deurmekaar of jy vergeet jou naam?

Ange ·

Ek het jare terug gelees dat die hoofsanger erg gelaster het (vervang polisiekar in hulle titel met “G.d” en jy kry die idee, ek wil nie laster nie so ek wil dit nie uit tik nie). Ek was n tiener en het toe besluit ek sal nie hulle ondersteun nie. Vir my part moes hulle al lankal ontbind het maar die wereld is die duiwel se speelgrond.

As François van Coke sy talent gebruik om die Here te prys sal ek eerste in die ry staan vir n CD.

Brendon ·

Dit was nie die hoofsanger nie . Dit was die bassist en alhoewel ek dink dit verkeerd was, love ek polisiekar. Ek is ook n christen maar verpes n soetsappige holier than thou houding. Ongelukkig is die Afrikaner besmet met dit . As ons die evangelie gebruik on mense seer te maak volg ons nie meer Jesus se gebod van liefde vir ons nasie nie

Regte werk? ·

Die mense het meer talent en maak heelmoontlik baie meer geld as wat jy doen met jou “regte werk” so ek sal jou aanraai om nie so kwaad te wees vir niks nie.

Alta Harries ·

Dis regtig ‘n jammerte….. maar ek wil ook bevoeg ek geniet Francoise van Coke so op sy eie net so baie. Einde van ‘n era :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.