Bekende klassieke musikus sterf

john roos

John Roos. (Foto: Verskaf)

John Roos, een van die reuse in Suid-Afrikaanse klassieke musiek, is Maandagoggend in die ouderdom van 72 in Pretoria oorlede.

Luidens ’n verklaring van die ATKV het Roos onlangs ’n massiewe beroerte gehad en nie weer daarna herstel nie.

Roos word internasionaal gereken as musikus en was in sy hoedanigheid as direkteur van die Unisa-musiekstigting oor die wêreld deel van beoordelaarspanele. Hy het ook ’n groot rol in die vestiging van formele musiekstrukture en klassieke musiekkompetisies in Suid-Afrika gespeel.

Onder sy leiding is Afrika se enigste internasionale klassieke musiekkompetisie reeds jare in Suid-Afrika gesetel. Dié kompetisie vind steeds elke twee jaar plaas.

“John was ’n geliefde persoon wat soveel brûe in die musiekwêreld gebou en ontsaglik baie vir musiekontwikkeling in Suid-Afrika beteken het,” het Ilse Schürmann, projekorganiseerder van ATKV-Muziq en -Muziqanto, luidens die verklaring gesê.

“Die ATKV was ook bevoorreg om ’n pad met John te stap,” het Schürmann gesê. “Van sy betrokkenheid by Applous, die jaarlikse nasionale koorkompetisie, tot sy bydrae tot Muziq en Muziqanto, die ATKV se jaarlikse nasionale klassieke musiekkompetisies.”

Volgens Schürmann was Roos die afgelope twee jaar die beskermheer van ATKV-Muziq en -Muziqanto. “Ons gaan hom ongelooflik baie mis.”

Roos word oorleef deur ’n suster en ’n broer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gideon Wentink ·

’n Reuseverlies vir die erntigemusiekbedryf in Suid-Afrika. Prof. Roos het diep spore getrap en laat ’n enorme leemte. Mag sy naasbestaandes rus vind.

henna botha ·

Ek kan net nie verstaan waarom daar nie aan die begin van n berig die naam/e van persone betrokke genoem word nie? Ek het baie beperkte data tyd, almal nie so gelukkig om onbeperkte toegang te he nie, leef op pensioen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.