Bekende kwaito-musikant Mandoza oorlede

Mandoza

Die bekende kwaito-musikant, Mandoza.

Mandoza, die bekende kwaito-musikant, is Sondag in die ouderdom van 38 oorlede.

EWN berig ʼn familielid van Mandoza, wie se regte naam Mduduzi Tshabalala is, het die musikant se dood bevestig. Dit is nie duidelik of hy by die huis of in die hospitaal dood is nie.

Maroela Media het vroeër berig Mandoza het die afgelope tyd om sy lewe geveg nadat breinkanker by hom gediagnoseer is. Volgens berigte het hy in Mei 2015 siek geword. Hy en sy vrou, Mpho, het egter die nuus stilgehou omdat hulle “wou fokus op sy beterskap”.

Mandoza het in April vanjaar aangekondig hy is kankervry. Die kanker het daarna egter na sy brein versprei.

Boodskappe van hartseer en medelye het Sondag op sosiale media ingestroom en #RIPMandoza was een van die top-10 gebruikte hutsmerke op Twitter. Die musikant het in 2000 multi-platinumstatus verwerf met sy album Nkalakatha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jean garner ·

Dis tragies,so n wonderlike stem,n gawe van Bo en hy sal beslis gemis word.sterkte en gebede aan sy naasbestaandes….rus in vrede

Adeline ·

Ag nee! Dis baie hartseer, ek was op hoërskool toe nkalakatha so gewild was, ons het naweke om gekuier! Dis so jammer, sterkte aan die musiekreus se familie en vriende?

Ck ·

Dis baie hartseer. Nog n groot een vir SA se musiek verlore maar nie vergete nie. Sterkte vir sy familie en vriede

Sam ·

Simpatie met sy familie en vriende en die hele SA! Ek stem saam Adeline, daai was ONS song naweke! So tragies :(

Yolandi Myburgh ·

RIP Mandoza ons gaan jou stem baie mis mag God die familie dra in die tyd van noot en hartseer stekte dink aan julle

Vissie ·

Ag nee regtig! Ek het nou net, 3 minute gelede die artikel van Mandoza in die nuwe Huisgenoot gelees. Hy sê in die artikel dat hy nog ‘n doel het en dat hulle nog hul kinders moet grootmaak. Dis baie tragies! Baie sterkte aan Mpho en hul 4 kinders. RIP Mandoza

Ronel Steenkamp ·

REST IN PIECE! Dit is waar wat Rian van Heerden vanoggend op Jacaranda 94.2 van Mandoza gesê het, almal het saam gedans op Nkalakatha. Dit was een van my gunsteling liedtjies. Voetjies begin sommer vanself beweeg as ek daardie liedtjie gehoor het. Ons Skepper waak oor vrou, kinders en familie!

Stephanie ·

Ek is al 63 jaar oud en het die eerste keer van Mandoza bewus geword toe hy n gas by SA Big Brother opgetree het. Onthou nog hoe vreeslik opgewonde en in hul noppies die Big Brother deelnemers was (veral daardie mooi dametjie met die lang blonde hare). Van daardie dag af tot nou nog as ek Nkalakatha hoor begin my ronde lyfie wikkel. Rus in vrede.

Dollie ·

RIP Mandoza. Jy ws ‘n great Ikoon gewees. My moeder is ook oorlede op 2 September 2016 aan kanker. Dit is die siekte wat hier is om te bly en geen genesing voor het nie. Ons sal jou musiek nog vir jare luister en jou onthou. Rus sag in ons Vaderland.

Rosa ·

Rus in Vrede. Dis baie seer – ek weet waarvan ek praat. Het verlede jaar 01November2015 ook my broer aan keel kanker verloor. Dis baie moeilik om te sien jou geliefde gaan agteruit – en daar is niks wat jy daaraan kan doen. Rus in Vrede Mandoza en sterkte aan die familie. Net God sal daardie pyn kan stil. Huil nou nog as ek sekere liedjies luister – my broer was mal oor musiek

Karma ·

Ja, OK, die ou is nou dood – ek is nie bekend met sy musiek nie (kwaito is nie my genre nie), maar ek het van hom geweet, Hy was net so ‘n mens soos ek en jy. Hy’s gebore, het geleef en het gesterf. Genade, ek hoop nou nie daar word weer ‘n hengse ophef gemaak oor sy dood, begrafnis e.d.m. soos Senzo en Mandela s’n nie. ‘n Geweeklaag, gekners van tande en twee week lange waak en dan die dramatiese begrafnis nie ….. Sug ……

Ella ·

Sit maar jou TV af en bly weg van radio en sosiale media. Niemand DWING jou om na enigiets te luister, of daaroor te lees nie! Los ons “gewone” mense in vrede.

Adeline ·

Stem saam met jou Ella, dis uiters onvanpas.. Sterkte aan sy familie en vriende.
Rus in vrede Mandoza

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.