EWN berig ʼn familielid van Mandoza, wie se regte naam Mduduzi Tshabalala is, het die musikant se dood bevestig. Dit is nie duidelik of hy by die huis of in die hospitaal dood is nie.
Maroela Media het vroeër berig Mandoza het die afgelope tyd om sy lewe geveg nadat breinkanker by hom gediagnoseer is. Volgens berigte het hy in Mei 2015 siek geword. Hy en sy vrou, Mpho, het egter die nuus stilgehou omdat hulle “wou fokus op sy beterskap”.
Mandoza het in April vanjaar aangekondig hy is kankervry. Die kanker het daarna egter na sy brein versprei.
Boodskappe van hartseer en medelye het Sondag op sosiale media ingestroom en #RIPMandoza was een van die top-10 gebruikte hutsmerke op Twitter. Die musikant het in 2000 multi-platinumstatus verwerf met sy album Nkalakatha.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Dis tragies,so n wonderlike stem,n gawe van Bo en hy sal beslis gemis word.sterkte en gebede aan sy naasbestaandes….rus in vrede
Ag nee! Dis baie hartseer, ek was op hoërskool toe nkalakatha so gewild was, ons het naweke om gekuier! Dis so jammer, sterkte aan die musiekreus se familie en vriende?
Dis baie hartseer. Nog n groot een vir SA se musiek verlore maar nie vergete nie. Sterkte vir sy familie en vriede
Simpatie met sy familie en vriende en die hele SA! Ek stem saam Adeline, daai was ONS song naweke! So tragies :(
Rus in vrede Mandoza