Bekende treffers waarvoor daar Afrikaanse woorde geskryf is

Die volgende liedjies is nie oorspronklik Afrikaans nie; hier is ‘n aantal liedjies waarvoor daar Afrikaanse woorde geskryf is:

Paloma blanca- George Baker Selection (My klein witte duifie- Tamaltjie)

Heaven is my woman’s love- Tommy Overstreet (Liefde is my nooi se naam- Billy Forrest)

Manuel goodbye- Audrey Landers (Ek is lief vir jou- Patricia Lewis)

The last farewell- Roger Whittaker (Vaarwel- Roy Bulkin, Jy is so wonderlik- Gert van Tonder)

Trojan horse- Luv (Tsitsikamawoud- Glenys Lynne)

The way old friends do- ABBA (Soos ou vriende- Anneli van Rooyen)

Big rock candy mountain- Burl Ives (Die gezoem van die bye- Des Lindberg; Water op sy knieë- Leon Schuster)

The battle of New Orleans- Johnny Horton (Mexiko- Claude Larson-sangers)

Bella Maria- George Baker Selection (Donkerbruin oë- Manuel Escorcio)

The white rose of Athens- Nana Mouskouri (Rose bring ‘n groet aan jou- Leonore Veenemans)

The ballad of the green berets- Sgt. Barry Sadler (My land Suid-Afrika- Leonore Veenemans)

Viva la vita- Francesco Napoli (Lank lewe liefde- Freda Francis)

Iko iko- The Dixie Cups (Aiko aiko- Kurt Darren)

Why don’t you get a job- Offspring (Kry jouself by die werk- Snotkop)

The look- Roxette (Sy dra die broek- Thys die Bosveldklong)

It’s hard to be humble- Mac Davis (Dis lekker innie army- Leon Schuster)

Silver threads among the gold- Slim Whitman (Drakensberge van verlange- Rina Hugo)

A place in my heart- Nana Mouskouri (Die lewe sonder jou- A Capella-koor)

Milky ways- Columbus (My sonnestraal- Herbie en Spence)

Fairy tales- John Edmond (Feëtjieland- Lindie Roux en Pietie Meyer)

All the tears in the world- Dave Mills (Liedjie van die see- Lance James)

Green grow the lilacs- Harry Belafonte (Bloedrooi die rose- Min Shaw en Lance James)

Save your kisses for me- Brotherhood of Man (Hou jou soentjies vir my- Die Attractions)

Hello-a- Mouth and Mac Neal; Sharon Tandy en Billy Forrest (Hello-a- Boet en Sus)

Day-O (Banana boat song)- Harry Belafonte (Morné- Leon Schuster)

Island in the sun- Harry Belafonte (Daar waar die son so skyn- Francois van Heyningen)

Ti amo- Laura Branigan (Ti amo- Romanz)

Up where we belong- Joe Cocker en Jennifer Warnes (Want ons behoort waar liefde is- Dozi en Nianell)

Love like a river- BZN (Neonligte- Janita Claassen)

Waltzing Maria- BZN (Feestyd se wysie- Manuel Escorcio en Janita Claassen)

Downtown- Petula Clark (Saam-saam- Manuel Escorcio en Janita Claassen)

Cannibals- Mark Knopfler (Ons klein terroris- Touch of Class)

Sun of Jamaica- Goombay Dance Band (Seuns op ons grense- Bles Bridges)

Seasons in the sun- Terry Jacks (Vriende in die son- Roy Bulkin)

Jack of diamond- The Walkers (Bulle bo- Juanita du Plessis)

Taking the easy way home- David Scobie (Dis hoe dit is- Steve Hofmeyr)

St. Elmo’s fire- John Parr (God se bedelaar- Steve Hofmeyr)

More and more- Joe Dolan (Meer en meer- Roy Bulkin)

Summernight in Rome- Audrey Landers (Kan jy nog onhtou- Sarina)

Listen to the ocean- Nina and Frederick (Luister na die branders- Kobus en Hannelie)

Goodbye my love- Murray Campbell, Virginia Lee (Vaarwel my lief- Virginia Lee)

Dance dance d’amour- David Hasselhoff (Dans dans met my- Jurie Els)

You- Peter Maffay (Jy- André Schwartz)

You gotta live- Zayn Adam (4×4- Steve Hofmeyr)

Dominique- The Singing Nun (Tokkelina- Die Doedies)

Old faithful- Gene Autry (Ou ryperd- Chris Blignaut, Dozi)

Sunglasses- Hilary (Sonbrilletjies- Al Debbo)

Master Jack- Four Jacks and a Jill (Baas Jack- Al Debbo)

Deep in the heart of Texas- Gene Autry (Diep in die hart van die Bosveld- Chris Blignaut)

Ich zeige dir mein Paradies- Andrea Jürgens (My paradys- Barbara Veenemans)

Nikita- Elton John (Nikita- Bles Bridges)

I’ll take you home again Kathleen- Slim Whitman (Kathleen- Bles Bridges)

Maggie- Foster and Allen (Maggie- Bles Bridges)

Head over heels (You’re my first love)- New Romance (Wanneer ons dans- Eloise)

Das Kufsteinlied- Heino (Kufsteinlied- Gé Korsten)

If you love me let me know- Olivia Newton-John (Stuur ‘n boodskap- Min Shaw en Lance James)

Guten Morgen mein Liebes- Udo Jürgens (Op Blouberg se strand- Laurika Rauch)

Hey Joe Mc Kenzie- Vicky Leandros (Haai Casanova- Glenys Lynne)

A place in my heart- Nana Mouskouri (Die lewe sonder jou- A Capella-koor)

Freckles- The Oak Ridge Boys (Sproetjies- Sias Reinecke)

A little peace- Nicole (Hier in my droom- Karin Hougaard, Nie lank gelede- Bles Bridges, Net soos ‘n wilger- Gerrie Pretorius- diesefde liedjie met verskillende titels)

Rowbottom square- Barry Mason (Annamarie- Jurie Ferreira, Gerrie Pretorius)

Heidi- Gutti und Erika (Heidi- Herbie en Spence)

Save me- Peter Maffay (Liefling- Gé Korsten)

The way old friends do- ABBA (Soos ou vriende- Anneli van Rooyen)

Milky ways- Columbus (My sonnestraal- Herbie en Spence)

Yellow rose of Texas- Hoyt Axton (Nooientjie uit die Vrystaat- Jurie Ferreira)

Welcome home-Peters and Lee (Welkom tuis- Mynie en Jan)

She’s in love with a rodeo man- Don Williams (Wals van die lewe- Bobby Angel)

I can’t dance- Rocking horse (Wil jy dans?- Jurie Els)

Tall tall trees- Roger Miller (Ek het nuus vir jou-Patricia Lewis)

Honhy tonk badonkadonk- Trace Adkins (Honkie tonk skedonkedonk- Eden)

Baby come back- The Equals (Bokkie kom terug- Danie Niehaus en Tolla van der Merwe)

This little child- Scott Wesley Brown (Hierdie Kind- Jan de Wet)

http://www.youtube.com/watch?v=vYf-PvqEdMU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Mike Howell ·

Dankie vir die inligting. Ek het ‘n paar “nuwe” oorspronklike liedjies by my versameling gevoeg. Ek is die afgelope 3 jaar opsoek na oorspronklike weergawes van veral ou Afrikaanse liedjies uit 70’s. Ek het al heelwat van my gunstelinge “ontdek”, en vind dat die vertaalde Afrikaanse weergawe soms mooier is as die oorspronklike Duitse of Nederlandse of Franse weergawe.
Twee besonderse mooi liedjies wat Daantjie gerus na kan luister, ( dalk het hy al, maar net nog nie die lys op datum gebring nie, ) is Rina Hugo se “Hoor jy my stem oor die see” wat uit Frans vertaal is, of dalk is net die melodie gebruik van die oorspronklike “Le lac majeur” van Mort Shuman en die ander liedjie is Ivaca Percl se “Stari pjer” wat deur Bart van der Laar in Nederlands vertaal is as “Ik zie de zon” en toe deur F.C.Hamman uit Nederlands in Afrikaans vertaal is , en Sonja Herholdt se treffer, “Ek glo die son sal wel weer skyn” geword het.. Luister gerus na die Kroasiese Ivaca Percl se weergawe.
Soos ek reeds genoem het, is ek opsoek na die oorspronklike weergawes van ou Afrikaanse liedjies, en sal dit waardeer as ek met inligting gehelp kan word.
Ek is onder andere opsoek na die oorspronklike weergawe van Min Shaw se “Ek is baie lief vir jou”. Dit is geskryf deur Ralph Siegel. Weet iemand dalk wie dit oorspronklik gesing het en wat die oorspronklike titel daarvan is?
Nog ‘n liedjie wat ek na soek, is Lance James se “Kom na my” wat in Duits “Ruf mich an” is. Weet iemand dalk wie die kunstenaar was wat die opgeneem het?
Die volgende 3 liedjies is deur Sias Reinecke gesing:
“Hierdie dag het dit alles verander” geskryf deur Joachin Heider en Joachin Relin,
“Tanya” geskryf deur Jean Frankfurter en Peter Orloff,
“Wat verby is, is verby” geskryf deur Werner Twardy en Lillibert
Rudi Neitz se “‘n Nooientjie en haar seeman” geskryf deur Rodelberger en Buschor
Ek sal dit waardeer as ek inligting kan kry wat die oorspronklike titels ia en deur wie die oorspronklike liedjies gesing word.
Heintje Simons se
“Nooi van my drome” geskryf deur Wolf Hausmann en Johannes Jorge,
“Ek en jy” geskryf deur Dick Kooiman en Leo Cornelissen,
“Ruiter van die windjie” geskryf deur Renate Vaplus en
“Hei gaan jy mee” geskyf deur Dick Kooiman en Leo Cornelissen.
In Heintje se geval wil ek graag weet wat is die oorspronklike titels van die liedjies in of Duits of Nederlands. Die ander 20 Afrikaanse liedjies van hom, het ek reeds in die oorspronklike Duits ook deur hom gesing, gekry, en ‘n paar Nederlandse weergawes.
Ek wil ook noem, en ek glo Daantjie is deeglik daarvan bewus, dat daar nog honderde ander liedjies uit veral Europese tale in Afrikaans vertaal is. In baie gevalle glo ek, is slegs die melodie gebruik.’
Om af te sluit kan ek so ‘n lekker tong in die kies liedjie noem, gesing deur Groep Twee. “Die padda wou gaan opsit” het ‘n Engelse weergawe “Froggy went a courting” gesing deur Jimmie Rodgers. En die Froggy en sy Miss Mousie se gevryery het heel anders verloop as die Afrikaanse Padda en sy Muis se opsittery.
Groete
M

Willemien Smith ·

Ek soek na die musiek (Nana Mouskouri?) Sonja Heroldt het in afr gesing “ek glo die son sal wel weer skyn” Ek het eendag gehoor Nana Mouskouri sing dit in ‘n ander taal, maar kan dit nerens opspoor nie.
Kan iemand dalk help
Groetnis

Mike Howell ·

Willemien
Nana Moukouri – Dans le soleil et dans le vent ( Frans )
Corry Konings – Ik zie de zon ( Nederlands )
Ivica Percl – Stari pjer ( Kroasies )
Lekker luister

Ans ·

Goeie Middag is daar daar iemand wat my kan help? Ek is op soek na ‘n Afr. liedjie wat my kinders in ‘n revue jare terug gesing het. Dit was op die wysie van: “I’ll be your woman” – as ek reg is, is die liriek: “I’ll be your woman, sunshine or rain….” Die Afrikaans was: ” ek sal jou liefhê, al gaan dit swaar, ek sal jou liefhê, ek sal by jou staan…” ASB as enige iemand my kan help?
Groetnis
Ans

Mike Howell ·

Hallo Ans

Die enigste Afrikaanse weergawe van die liedjie waarvan ek van bewus is, is Sias Reinecke se “Ek sal jou liefhe” Die lirieke kon seker aangepas gewees het, maar dit bly nog steeds ‘n mooi liedjie. Luister gerus daarna, ek het dit opgespoor op ‘n cd samestelling van Sias met die titel “Op Aanvraag”

Geniet dit

Mike

daleen ·

Hello julle, ek het n liedjie geskryf vir wie kan ek dit stuur sodat n musikant dit in n cd kan omskep?

Baie dankie
Vriendelike groete
Daleen

pieter ·

Jy dra jeans en jou hare is lank jy weet wat se die mense van n reksie kan maar ek wil jou he

Daantjie Dinamiet ·

Hierdie lirieke kom uit die titelsnit van René van den Berg se album Kampus-lady, wat in 1996 verskyn het. Ek was destyds mal daaroor, maar ek moet erken dat ek gou uitgekuier geraak het daarmee.

Willie Vermaak ·

Goeie dag.
Ek is opsoek na die oorspronklie liedjie wat vertaal is na “Stap met my saam deur die land van son” van o.a. Min Shaw. Dit klink asof dit dalk ‘n Maori / een van die eilandtale kan wees. Vir al wat ek weet is dit dalk Japanees……..lol.

Baie dankie.

Willie

mike howell ·

Hallo Willie
Die liedjie is ‘Yamao toko no uta’ deur die New Christy Minstrels. Dit is op Youtube beskikbaar, en ja, daarvolgens is dit Japanees. Ek sien daar is ‘n Spaanse weergawe ook deur Los Panchos.
Lekker luister
Mike

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.